IT- & infrastruktuurkoördineerder
Bo-Karoo Opleiding (BKO) is ʼn privaat beroepsopleidingsinstelling sonder winsoogmerk in Orania wat studente die ideale geleentheid bied om ʼn nasionaal geakkrediteerde kwalifikasie in ʼn veilige, gestruktureerde, landelike omgewing te verwerf. BKO fokus daarop om vryheid deur middel van gehalte-opleiding en -arbeid moontlik te maak deur studente toe te rus om hulle tot roepingsgedrewe volwassenes te vorm wat die arbeidsmark met selfvertroue kan betree.
Om vir hierdie pos te kwalifiseer, benodig jy ʼn kwalifikasie in Projekbestuur en/of Inligtingstegnologie. Die suksesvolle kandidaat moet oor minstens drie jaar se ervaring in ʼn korporatiewe omgewing beskik, waarvan blootstelling aan inligtingstegnologie ten sterkste in die kandidaat se guns sal tel.
Die posbekleër sal onder meer verantwoordelik wees vir:
- IT-ondersteuning in samewerking met die diensverskaffer;
- die koördinering, beplanning en bestuur van fasiliteite;
- projekbestuur, beplanning en implementering;
- foutopsporing en opgradering van sagteware;
- netwerkadministrasie en -integrasie sowel as die installasie van netwerke en die koördinering daarvan; en
- VoIP-implementering, bestuur en instandhouding.
Goeie verbale en geskrewe kommunikasievaardighede, uitstekende interpersoonlike vaardighede, die vermoë om onder druk te kan funksioneer en sperdatums te haal, sal tot jou voordeel strek. Jou toewyding aan die bereiking van doelwitte, jou vermoë om te analiseer en beplan, entoesiasme, motivering en bereidwilligheid om te leer, sal van jou ʼn aanwins in ons omgewing maak. Die suksesvolle kandidaat moet ook oor administratiewe vaardighede beskik.
Die suksesvolle kandidaat moet sterk morele en etiese, Christelike norme en waardes navolg. ʼn Sterk verbintenis met Orania se visie van selfstandigheid en selfwerksaamheid is noodsaaklik.
Indien jy aan dié profiel voldoen, stuur asseblief jou CV (geen sertifikate nie) voor of op 14 Maart 2025 per e-pos na Chantall Hugo by betrekkings@solidariteit.co.za.
Indien jy nie binne drie weke ná die sluitingsdatum terugvoer ontvang nie, kan jy aanvaar dat ander kandidate vir die pos oorweeg is.