Studieaansoeke vir 2025 is oop!

Studieaansoeke vir 2025 is oop!

Kortkursus: algemene huishoudelike herstelwerker

Hierdie geakkrediteerde vaardigheidsprogram bied blootstelling aan basiese eienskappe van die konstruksiebedryf op ‘n meer praktiese wyse. Daar is komponente van elektrisiteit, loodgieterswerk, skrynwerk, asook sekere aspekte van bouwerk en siviele konstruksie. ‘n Sertifikaat word na die voltooiing en bemeestering van die vaardigheidsmodules uitgereik.

Kwalifikasie

Tydperk

Toelatingvereistes

Modules

Basiese gesondheid en veiligheid in die werksplek

Gereedskap- en toerustinghantering

Herstel, vervang en onderhou skrynwerk-verwante onklaarraking

Herstel, vervang en onderhou loodgieter/pypwerk-verwante onklaarraking

Herstel, vervang en onderhou elektrisiteit-verwante onklaarraking

Herstel, vervang en onderhoud van bou en siviele-verwante onklaarraking

Herstel, vervang en onderhoud van heinings, besproeiing en algemene tuinstrukture

Opleidingsmodel

Die kursus duur twee maande en vereis dat studente alle teoretiese en praktiese werksessies bywoon. Klasse begin daagliks tussen 08:00 en 09:00 en strek, met inagneming van pouses en middagete, tot 16:00. Na die suksesvolle voltooiing en bemeestering van die praktiese vaardighede ontvang studente ‘n sertifikaat as bewys.

Potensiële werksgeleenthede na voltooiing van die kursus:

Potensiële werksgeleenthede na voltooiing van die kursus:

Hierdie kursus kan as ‘n uitstekende basis dien om later in spesifieke rigtings verder te studeer of te spesialiseer.

Die registrasiefooi vir die kursus is R1 250.

Die totale studiekoste vir die kursus is R5 000.

* Kosteverhogings geskied jaarliks

Klasse begin 1 Oktober 2024

Die student se toelating tot BKO word bepaal deur vier faktore, nl.