Studieaansoeke vir 2025 is oop!

Studieaansoeke vir 2025 is oop!

Pieter Scholtz: Van stofpadkind tot suksesvolle besigheidseienaar

Daar is geen kortpaaie na sukses nie. Dit verg harde werk en deursettingsvermoë, en beteken dikwels dat jy onder moet begin en boontoe bou. Pieter Scholtz, ‘n oudstudent van Bo-Karoo Opleiding (BKO) en tans ‘n suksesvolle besigheidseienaar, het hierdie waarhede vroeg in sy lewe besef.

Oorspronklik ‘n stofpadkind van die plaas Wonderput, het Pieter sy skoolloopbaan in Orania begin en daar voltooi. Nadat hy in 2019 gematrikuleer het, het sy liefde om met sy hande te werk hom na BKO gelei, waar hy in 2021 as Loodgieter-eerstejaar sy studies begin het.

Leer-My-Hoe Proefplaas vier eerste verjaarsdag

‘n Jaar het verbygevlieg vandat Bo-Karoo Opleiding hul heel eerste proefplaas, genaamd die Leer-My-Hoe Proefplaas, bekendgestel het. BKO se boerderybestuurstudente en -lektore het hard gewerk om die proefplaas op die voete en aan die gang te kry en die proefplaas is verlede jaar op 18 Oktober aan die dorp en publiek bekendgestel.

Steenwerk Vakmanuitdaging 2024 by Orania Karnaval – ‘n Suksesvolle Kompetisie!

Bo-Karoo Opleiding het weer die gewilde Steenwerk Vakmanuitdaging aangebied tydens die Orania Karnaval, en ons is trots om die talentvolle deelnemers en borge uit te lig. Vanjaar het 11 spanne, elk bestaande uit ‘n bouer en ‘n handlanger, mekaar die stryd aangesê. Ten spyte van die heerlike reën wat die karnaval verfris het, het dit nie die passie en kompeterende gees van die bouers geblus nie. Elke span het gebou volgens ‘n plan ontwerp deur Cornè Cawthorn van Ora Ligte Staal, met sand wat geborg is deur Wilco. Die prysgeld is 50/50 geborg deur die Orania Dorpsraad en Bo-Karoo Opleiding.

Nuwe Beroepskwalifikasie Model versterk Vaardighede by Bo-Karoo Opleiding

Bo-Karoo Opleiding (BKO) breek nuwe grond met die implementering van ‘n innoverende beroepskwalifikasie model vir studies met 2025 innames, wat die tradisionele vakleerlingskap vervang en daarop fokus om jong vakleerlinge toe te rus met noodsaaklike vaardighede wat aan moderne bedryfsvereistes voldoen.

Jong entrepreneur verbreed sy kennisveld

By Bo-Karoo Opleiding sal ‘n jong entrepreneur ‘n ideale wegspringplek vind vir ‘n loopbaan as suksesvolle besigheidsman- of vrou.

Dít het Corné Cawthorn terdeë besef in die afgelope drie jaar van studies by Bo-Karoo Opleiding. Corné, afkomstig van Aliwal-Noord, is ‘n afgestudeerde Bou-en Siviele Konstruksie-student, en is tans besig met sy diploma in Siviele Ingenieurswese.

Van Elektries na diploma in Siviele Ingenieurswese

Annalene Booyens, afgestudeerde Elektries-student by Bo-Karoo Opleiding wat tans besig is met haar diploma in Siviele Ingenieurswese, beskou haar reis by BKO as ‘n wonderlike geleentheid om te help bou aan ‘n gemeenskap en ‘n hoopvolle toekoms. Voor sy haar tuiste in Orania gevind het, het Annalene in Bloemfontein gewoon en grootgeword, waar sy by Hoërskool Sand du Plessis gematrikuleer het. In 2022 het sy na Orania getrek om haar studies by BKO te begin.

Ek was deel van Bo-Karoo Opleiding!

“Bo-Karoo Opleiding het my die geleentheid gegee om buite my gemaksone te beweeg en as mens te groei,” sê Chané Barnard, ‘n trotse afgestudeerde van die Tuisversorging-kursus by Bo-Karoo Opleiding (BKO).

Jong werkende se hart lê in Orania

Mikyla Weideman, ’n plaasdogter van Daniëlskuil, glo haar toekoms sal altyd verweef bly met Orania – die plek wat haar die geleentheid gegee het om te groei en haarself te vind.

In 2023 was Mikyla op die punt om na Bloemfontein te verhuis om sielkunde te studeer. Haar ma het egter voorgestel dat sy na Orania toe kom om as tuisversorger opgelei te word.

‘n Stap in die regte rigting

“Bo-Karoo Opleiding het my ‘n tree nader aan my droom gebring,” sê Jeanine Struwig, ‘n trotse afgestudeerde student wat nou in Orania werk. “Die mense wat ek hier ontmoet het, die ervaring wat ek opgedoen het, en die kennis wat ek versamel het – dit was beslis die moeite werd!”

Hoekom ‘n ambag doen?

Die keuse van ambagsopleiding is ‘n pad na persoonlike en ekonomiese groei.

In ‘n wêreld wat deur tegnologie en vinnige veranderinge gedryf word, is daar ‘n toenemende waardering en behoefte vir die kuns en vaardighede van goed opgeleide ambagslui . Hierdie eeueoue praktyk bied ‘n unieke geleentheid vir jongmense om ‘n loopbaan te kies wat kreatiwiteit, selfuitdrukking, en ekonomiese voordele kombineer.