Kortkursus: Basiese Messelwerk
Hierdie deeltydse vaardigheid program is ontwerp om beginners basiese messelwerk vaardighede aan te leer, belyn met NQF Vlak 1 en 2 eenheidstandaarde in Bou en Siviele Konstruksie. Die kursus fokus op praktiese toepassing in baksteen legging, sement menging, pleisterwerk, en die lees van bouplanne, met werkplek ervaring om leerders arbeidsmark gereed te maak.
Kwalifikasie
- Kortkursus in Basiese Messelwerk
Tydperk
- 36 uur (vier weeksaande van 17:00 tot 20:00 en vier Saterdae van 08:00 tot 14:00)
Toelatingvereistes
- Minimum 18 jaar oud
- Geen formele kwalifikasies word benodig nie
Modules
Inleiding tot Messelwerk
Baksteen legging
Sement- en Pleisterwerk
Lees van Bouplanne
Praktiese Projekte en Werkplekervaring
Opleidingsmodel
Die kursus duur ses weke en vereis dat studente alle teoretiese en praktiese werksessies bywoon. Die komponent tel op tot 36 ure. Intussen moet studente hul 20 ure werksplekervaring voltooi en ‘n logboek laat afteken. Na die suksesvolle voltooiing en bemeestering van die praktiese vaardighede ontvang studente ‘n sertifikaat as bewys.
Die kursus se doel is om:
- vaardighede in basiese messelwerk te ontwikkel wat belyn met NQF-eenheidstandaarde;
- veilige en professionele gebruik van gereedskap en materiale te verseker;
- studente voor te berei vir werkplek toepassing deur praktiese projekte en werkplek ervaring en
- loopbaanontwikkeling in die konstruksiesektor te bevorder.
Hierdie kursus kan as ‘n uitstekende basis dien om later in spesifieke rigtings verder te studeer of te spesialiseer.
Die totale studiekoste vir die kursus is R1 500.
* Kosteverhogings geskied jaarliks
Klasse begin 1 Oktober 2025.
Die student se toelating tot BKO word bepaal deur twee faktore, nl.
- TOELATINGSVEREISTES
- VERBLYFREG TOT ORANIA