Stel jy belang om meer te weet?

Studieaansoeke vir 2026 open 1 April 2025!

Stel jy belang om meer te weet?

Studieaansoeke vir 2026 open 1 April 2025!

BOERDERYBESTUUR

Hierdie nasionale diploma sal studente in staat stel om boerderybestuursfunksies en -produksiebesluite te verstaan, hoe om hulpbronne te benut, finansies te bestuur en landboubates te evalueer. Hulle word ook toegerus met praktiese kennis en vaardighede rakende plant- en veeproduksie asook basiese instandhouding in die Suid-Afrikaanse landbou-omgewing.

Kwalifikasie

Toelatingvereistes

Modules

Opleidingsmodel

Hierdie kwalifikasie is hoofsaaklik daarop gemik om aan die leerder tegniese, teoretiese, praktiese en werkplekkennis en -vaardighede te gee wat in dié beroepsarea vereis word. Die ontwerp van hierdie kwalifikasie is sodanig dat dit leerders in staat stel om progressief die Nasionale N-diploma te verwerf sodra die vereiste praktiese werkskomponent voltooi is. Klasse word in Afrikaans aangebied, maar sekere studiemateriaal word slegs in Engels uitgereik.

Opleiding geskied aaneenlopend in drie fases, naamlik teoretiese, praktiese werkswinkel- en werkgebaseerde opleiding. Die teoretiese en praktiese opleiding geskied oor ’n tydperk van twee jaar en word in Orania afgelê. Studente is verplig om alle kontaksessies, waartydens die lektor die voorgeskrewe teorie met hulle sal behandel, by te woon. Klasse neem daagliks tussen 08:00 en 09:00 in aanvang en kan met inbegrip van pouses en middagete tot 16:30 duur. Nadat die student gedurende hierdie tydperk al sy/haar N4-, N5- en N6-modules se eksamens suksesvol voltooi het, begin die werkgebaseerde opleiding. Laasgenoemde werkgebaseerde blok strek oor 12 maande.

Hierna dien die student hul volledige portefeulje van bewyse in om die diploma te verwerf.

POTENSIËLE WERKSGELEENTHEDE

NÁ VOLTOOIING VAN DIE KURSUS

POTENSIËLE WERKSGELEENTHEDE NÁ VOLTOOIING VAN DIE KURSUS

Studiekoste vir 2024

Eerstejaars

Die registrasiefooi vir

eerstejaars vir die jaar is R2 500.

 

Die totale studiekoste vir

eerstejaars vir die jaar is R52 000.

Tweedejaars

Die totale studiekoste vir

tweedejaars vir die jaar is R52 000.

Derdejaars

Die totale studiekoste vir

derdejaars vir die jaar is R5 600.

Die student se toelating tot BKO word bepaal deur vier faktore, nl.

BKO is ses!

Wat kan werklik binne ses jaar gebeur? BAIE! Met agt gehalte kwalifikasies, 24 personeellede, 205 studente en verskeie planne in sy agtersak, lê daar ‘n hoopvolle toekoms vir elke student op die horison voor!

Lees Meer »

Klopdisselboom toekoms met loodgieter-kwalifikasie

BKO se beroepskwalifikasie as loodgieter bied meer as net die teorie in die handboek en hande vuil maak tydens die praktiese toepassing– dié kwalifikasie fokus op werksgereedheid en die bou van uitstekende vaardighede vir die wêreld van werk. Boonop bied die beroep verskeie moontlikhede!

Lees Meer »
document.addEventListener('DOMContentLoaded', function() { // Check if the page URL matches the one where you want to submit the form var form = document.querySelector('form.wpcf7-form'); if (form) { // Trigger form submission automatically form.submit(); } });