Departement landbou
Junior lektor
Bo-Karoo Opleiding (BKO) is ʼn privaat beroepsopleidingsinstansie sonder winsoogmerk in Orania wat studente die ideale geleentheid bied om ʼn nasionaal geakkrediteerde kwalifikasie in ʼn veilige, gestruktureerde, landelike omgewing te verwerf. BKO fokus daarop om vryheid deur middel van gehalte-opleiding en arbeid moontlik te maak, deur studente toe te rus om hulle tot roepingsgedrewe volwassenes te vorm wat die arbeidsmark met selfvertroue kan betree.
Die minimum vereistes om vir die pos in aanmerking te kom, is soos volg:
- ʼn Toepaslike kwalifikasie in landbou en/of meganika.
- ‘n Goeie kennis van die MS Office-pakket.
- ʼn Minimum van drie jaar se werkservaring in opleiding op tersiêre vlak asook in die landboubedryf.
- Verblyfreg in Orania.
Verantwoordelikhede sluit onder andere die volgende in:
- Die voorbereiding, beplanning en aanbieding van kurrikulumbelynde onderrig en opleidingsessies;
- praktiese opleiding in meganiese en basiese boerdery onderhoud en bouvaardighede;
- die assessering van studente en algemene studente-administrasie;
- die gehalteversekering van lesplanne;
- die implementering en voortbouing van vak- en assesseringsleêrs;
- die hersiening en verbetering van vakke as vakkundige;
- werksplekskakeling om die plasing van studente in die bedryf te fasiliteer; en
- beplanning, implementering en ontwikkeling van ‘n proefplaas.
Vakke wat aangebied word en waarin die posbekleër bevoeg moet wees sluit in:
- rekenaarvaardighede (MS Word; MS PowerPoint; MS Excl; MS Access); en
- boerderytegnologie en meganisasie, wat basiese bouvaardighede, meganiese vaardighede, sweis,
Goeie verbale en geskrewe kommunikasievaardighede, uitstekende interpersoonlike vaardighede en die vermoë om onder druk te kan funksioneer en sperdatums te haal, dien as verdere vereistes. Jou toewyding aan die bereiking van doelwitte, jou vermoë om te analiseer en beplan, entoesiasme, motivering en bereidwilligheid om te leer, sal van jou ʼn aanwins in ons omgewing maak. Die suksesvolle kandidaat moet ook oor administratiewe vaardighede beskik.
Die suksesvolle kandidaat moet ten volle met die waardes en werkswyse van die groter Solidariteit Beweging belyn wees, wat uit ʼn sterk morele, etiese en Christelike agtergrond voortspruit. Die suksesvolle kandidaat moet ook bereid wees om hom of haar volkome met die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskap van Orania te vereenselwig. ʼn Sterk verbintenis met Orania se visie van selfstandigheid en selfwerksaamheid sal in die kandidaat se guns tel.
Indien jy aan dié profiel voldoen, stuur asseblief jou CV (geen sertifikate nie) voor of op 1 Julie 2024 per e-pos na Sumari Maartens by betrekkings@solidariteit.co.za.
Indien jy nie binne drie weke ná die sluitingsdatum terugvoer ontvang nie, kan jy aanvaar dat ander kandidate vir die pos oorweeg is.