Departement Tegnies
Loodgieter-lektor
Bo-Karoo Opleiding (BKO) is ʼn private beroepsopleidingsinstelling sonder winsoogmerk in Orania wat studente die ideale geleentheid bied om ʼn nasionaal geakkrediteerde kwalifikasie in ʼn veilige, gestruktureerde, landelike omgewing te verwerf. BKO fokus daarop om vryheid deur middel van gehalte-opleiding en arbeid moontlik te maak deur studente toe te rus om hulle tot roepingsgedrewe volwassenes te vorm wat die arbeidsmark met selfvertroue kan betree.
Die minimum vereistes om vir die pos in aanmerking te kom, is soos volg:
- gekwalifiseerde loodgieter (Rooiseëlkwalifikasie);
- kennis en ervaring van die boubedryf en/of ander tegniese ambagte;
- beskik oor goeie tegniese handvaardigheid;
- goeie kennis van die MS Office-pakket en rekenaarvaardighede;
- ʼn minimum van vyf jaar se werkservaring in opleiding en die loodgietersbedryf;
- vorige ondervinding as lektor/fasiliteerder sal ‘n aanbeveling wees; en
- verblyfreg in Orania moet verkry word.
Verantwoordelikhede sluit onder andere die volgende in:
- die voorbereiding, beplanning en aanbieding van kurrikulumbelynde onderrig- en opleidingsessies;
- teoretiese en praktiese loodgieterwerkswinkel-opleiding asook algemene handvaardigheid;
- die assessering van studente en algemene studente-administrasie;
- die gehalte van lesplanne;
- die ontwikkeling en voortbouing van vak- en assesseringslêers;
- gehalteversekering, hersiening en verbetering van kursusmateriaal as vakkundige; en
- werkplekskakeling om die plasing van studente in die bedryf te fasiliteer.
Die kursus wat aangebied word en waarin die posbekleër bevoeg moet wees, sluit in:
- loodgieter-ambagsopleiding wat insluit alle teoretiese en praktiese vaardigheidsmodules van die loodgieter-beroepskwalifikasie; en
- hulpfasiliteerder vir ander ambagte, kursusse en handvaardigheidsopleiding, indien nodig.
Goeie verbale en geskrewe kommunikasievaardighede, uitstekende interpersoonlike vaardighede, die vermoë om onder druk te kan funksioneer en sperdatums te haal, sal tot jou voordeel strek. Jou toewyding aan die bereiking van doelwitte, jou vermoë om te analiseer en beplan, entoesiasme, motivering en bereidwilligheid om te leer sal van jou ʼn aanwins in ons omgewing maak. Die suksesvolle kandidaat moet ook oor administratiewe vaardighede beskik.
Die suksesvolle kandidaat moet ten volle belyn wees met die waardes en werkswyse van die groter Solidariteit Beweging wat uit ʼn sterk morele, etiese en Christelike agtergrond voortspruit. Die suksesvolle kandidaat moet ook bereid wees om hom of haar volkome met die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskap van Orania te vereenselwig. ʼn Sterk verbintenis met Orania se visie van selfstandigheid en selfwerksaamheid sal in die kandidaat se guns tel.
Indien jy aan dié profiel voldoen, stuur asseblief jou CV in Afrikaans (geen sertifikate nie) voor of op 6 Januarie 2025 per e-pos na Chantall Hugo by betrekkings@solidariteit.co.za.
Indien jy nie binne drie weke ná die sluitingsdatum terugvoer ontvang nie, kan jy aanvaar dat ander kandidate vir die pos oorweeg is.