Elektries
Hierdie beroepsertifikaat stel studente in staat om as elektrisiën aan die behoeftes en uitdagings van die huidige elektrisiteitbedryf te voldoen. Dit voorsien hulle met die nodige kennis en vaardighede om in verskeie omgewings elektriese toerusting, installasies en beheerstelsels te beplan, voor te berei, te bedraad, in bedryf te stel, te toets, te onderhou en te herstel.
Kwalifikasie
- Beroepsertifikaat: Elektrisiën, NKR-vlak 4, 360 krediete, SAQA ID: 91761
Toelatingvereistes
- Graad 12-kwalifikasie
- Graad 12 Wiskunde 40% | Wiskundige Geletterdheid 50% | Tegniese Wiskunde 40%
- Goeie fisiese gesondheid
Modules
BEPLANNING EN VOORBEREIDING VAN DIE WERKSPLEK, TOERUSTING, GEREEDSKAP, VERBRUIKSGOEDERE EN MATERIAAL
TOETSING EN INSPEKSIE VAN ELEKTRIESE TOERUSTING, BEHEERSTELSELS EN INSTALLASIES
INSTALLASIE, BEDRADING EN KOPPELING VAN ELEKTRIESE TOERUSTING EN BEHEERSTELSELS
ONDERHOUD EN HERSTEL VAN ELEKTRIESE TOERUSTING, BEHEERSTELSELS EN INSTALLASIES
WISSELSTROOM, GELYKSTROOM, ENKELFASE, DRIEFASE EN BASIESE ELEKTRONIKA
Beroepsgesondheid en -veiligheid
EN NOG MEER…
Opleidingsmodel
Opleiding geskied aaneenlopend in drie fases, nl. teoretiese, praktiesewerkswinkel- en werkgebaseerde opleiding, wat mekaar oor ‘n tydperk van drie jaar afwissel. Studente is verplig om alle teoretiese en praktiese werkswinkelkontaksessies in Orania by te woon, waartydens die lektor die voorgeskrewe teorie met hulle behandel. Klasse neem daagliks tussen 08:00 en 09:00 in aanvang en kan, met inbegrip van pouses en middagete, tot 16:30 duur. Tydens die teoretiese en praktiese blokke sal studente dus in Orania wees, waarná hulle hul werkgebaseerde opleidingsblokke landswyd by enige geregistreerde elektrisiën kan verrig. Klasse word in Afrikaans aangebied, maar die studiemateriaal word in Engels uitgereik.
Gedurende die student se derde jaar, sal hy/sy die geleentheid gebied word om voorbereiding vir sy/haar vaktoets te doen. Wanneer die student al die vereistes slaag gedurende die vaktoetsvoorbereiding, sal die vaktoetsaansoekproses begin.
VAARDIGHEDE WAT JY SAL ONTWIKKEL
VAARDIGHEDE WAT JY SAL ONTWIKKEL
HIERDIE KWALIFIKASIE STEL STUDENTE IN STAAT OM:
- die werkplek, toerusting, gereedskap, verbruiksgoedere en materiaal vir elektriese aktiwiteite en bedrywighede te beplan en voor te berei;
- elektriese toerusting en beheerstelsels te installeer, te bedraad en te koppel;
- elektriese toerusting, beheerstelsels en installasies te toets en te inspekteer;
- elektriese toerusting, beheerstelsels en installasies te onderhou en te herstel.
Potensiële loopbane wat gevolg kan word:
Potensiële loopbane wat gevolg kan word:
- Elektrisiën in die residensiële, kommersiële en industriële omgewing
- Elektrisiën in die bou- en konstruksiebedryf
- Installasie-elektrisiën
- Voorman
- Projekbestuurder
- Lektor by ‘n opleidingsinstansie
- Eienaar van eie elektriese kontrakteursbesigheid
Die registrasiefooi vir
eerstejaars vir die jaar is R2 700.
Die totale studiekoste vir
eerstejaars vir die jaar is R57 090.
* Kosteverhogings geskied jaarliks
Die student se toelating tot BKO word bepaal deur vier faktore, nl.
- TOELATINGSVEREISTES
- REGISTRASIEFOOI
- TOELATINGSTOETS
- VERBLYFREG TOT ORANIA
Landboustudente woon plaasveiligheidkursus by
Plaasveiligheid en die vaardighede wat daarmee saamgaan is deel van ons lansbougemeenskap se lewe in Suid-Afrika. Om seker te maak ons studente is ook op hierdie gebied toegerus…
Nuwe koshuisvoogde is vuur en vlam
Die koshuise, Die Duiker en Steenbok Herberg, het nuwe voogde verwelkom. Johan Scholtz (27) en Nadia Marais (25) sê hulle is opgewonde oor die uitdaging en sien uit om studente net so opgewonde te…
Noord-Kaap-streek bring nuwe lewe in landbou-opleiding
By Bo-Karoo Opleiding word daar gefokus op die gehalteopleiding en -opvoeding van studente. Hierdie benadering in die landboukonteks berei studente voor vir die uitdagings en vereistes…