Studieaansoeke vir 2025 is oop!

Studieaansoeke vir 2025 is oop!

Hiér word die moue ook opgerol vir pret

By Bo-Karoo Opleiding word die mou nie net opgerol vir harde werk nie, maar ook vir pret. Deel van ’n student se ontwikkeling is ’n gesonde studentelewe. Die studentelewe by Bo-Karoo Opleiding (BKO) rus op 5 pilare naamlik die koshuislewe, sport, kultuur, leierskap en diensbaarheid wat ondersteun word deur studente ondersteuning.

Nie net word ’n nuwe koshuis ’n tuiste vir vele nie, maar word daar ook planne beraam om die studentelewe net nog meer te ontwikkel. Marike Labuchagne, hoof van studentesake, sê dat daar tans beplan word aan die eerstejaarskamp, -orientering en -konsert. Stephan Fourie is ’n landbou-student en ook die primarius van die nuwe koshuis wat tans bekendstaan as “Olienhout”. Hy sien uit na die planne om die landbou-sektor verder uit te brei deur meer rigtings by te voeg. Verder kan studente ook uitsien na koshuisligas en ’n afskopfees in Februarie.

Studente geniet dit om aksies tussen die verkillende koshuise, Heldehuis, Duiker en Steenbok Herberg, te hou. Sportsoorte sluit onder andere in rugby, netbal, hokkie, en daar word planne beraam om swem verder te ontwikkel asook om jukskei en tafeltennis, selfs toutrek op die been te bring. Die netbalspanne neem ook deel aan die streeksliga.

Die koshuise het ook gesonde kompetisie tussen mekaar. Die studente en lektore daag mekaar gereeld uit. Uitdagings strek van lengtes swem, hare vleg tot aartappel skil of balle oor die rugbypale skop. “Deur die uitdagings wat ons hou, vorm ons ’n sterker band tussen studente en lektore waar ons saam hulle kan werk, leer en selfs kuier as die geleentheid nader kom,” sê Marco Coetzee studenteraadvoorsitter by BKO. Koshuise kan punte deur deelname versamel en ook deur aktiwiteite te wen. Die koshuis met die meeste punte word aangewys as die wenkoshuis van die jaar.

Neitjie Barnard primaria van Duiker Dameskoshuis sê “Ons is ‘n kampus sonder mure, ons is deel van die dorp, daar is nie grense waar ons kampus stop nie. Ons is familie.” Aksies word talle kere geïntegreer met die dorp en samewerking met Orania word aangemoedig. Dit is werklik ’n gemeenskap wat die studente help ontwikkel. Fourie sê dat die studente groet mekaar, studente skakel gou in en elke dag word daar iets waardevol geleer.

”Ons studentelewe is vol vreugde ten spyte van die uitdagings en harde werk en ons het baie vriendskappe gebou wat ‘n leeftyd sal hou,” sê Barnard.

Volg die aksies op BKO se sosiale media blaaie.