Intern: Studentesake en Bemarking
Bo-Karoo Opleiding bied aan jong mense die geleentheid van ʼn internskap om ondervinding op te doen en ʼn beter begrip te ontwikkel van sowel die algemene werksomgewing asook ʼn spesifieke beroep. Dit bied aan die intern die geleentheid om verder te leer en te sien hoe teorie in praktyk omgeskakel word. Dit bou ook selfvertroue en help om sagte vaardighede soos kommunikasie- en interpersoonlike vaardighede te ontwikkel.
Hierdie geleentheid is ideaal vir studente in hul finale jaar of vir jong werkendes, wat meer wil leer en ondervinding in die werkplek wil opdoen.
As ʼn intern by Studentesake en Bemarking kan jy moontlik aan die volgende blootgestel word, maar dit is nie beperk nie tot:
- Studentelewe – koördineer bevorderlike aktiwiteite, byeenkomste en projekte in samewerking met verskeie rolspelers om studente bloot te stel aan sport, kultuur- en sosiale geleenthede.
- Studentesteun – help met die reël en koördinering van fondsinsamelings, skakel met instansies vir borgskappe en is betrokke by gemeenskapsprojekte.
- Administrasie – behartig die opdatering van dokumentasie, die liassering en op datum hou van papierwerk, die verwerking van nuwe aansoeke en die stuur van kommunikasie aan voornemende studente.
- Bemarking – is betrokke by die hantering van studentevoordele, projekbeplanning en -koördinering; leer hoe om verhoudinge met borge te bou; hanteer en bestel promosie-items; verleen deurlopende bystand met die opstel, beplanning en die reël van funksies; en skryf artikels en bemarkingsplanne.
- Sosiale media – genereer inhoud vir sosiale media, die neem en redigering van video’s vir alle platforms, en monitor en skeduleer plasings.
- Grafiese en elektroniese ontwerp – is betrokke by die belyning van ontwerpe, die ontwerp van bemarkingsmateriaal, die skep van grafika vir sosiale media en die samestelling van inligtingstukke.
Ná suksesvolle voltooiing van die internskap by Bo-Karoo Opleiding sal die intern daar uitstap met ervaring van BKO en vaardighede verwerf het wat noodsaaklik is in die werkplek. Die persoon sal ook die unieke Afrikanerkultuur van Orania beter leer ken het. Interns sal hulself met meer selfvertroue in ʼn professionele omgewing kan handhaaf.
Die ideale kandidaat moet kreatief en leergierig wees, hardwerkend en moet deursettingsvermoë aan die dag kan lê.
Indien jy aan dié profiel voldoen, stuur asseblief jou CV (geen sertifikate nie) aan Chantall Hugo per e-pos na betrekkings@solidariteit.co.za voor of op 13 Desember 2024.
Indien jy nie binne drie weke ná die sluitingsdatum terugvoer ontvang nie, kan jy aanvaar dat ander kandidate vir die pos oorweeg is.