Stel jy belang om meer te weet?

Studieaansoeke vir 2026 is oop!

Stel jy belang om meer te weet?

Studieaansoeke vir 2026 is oop!

Departement Landbou

Lektor: Boerderybestuur

Bo-Karoo Opleiding (BKO) in Orania is ʼn privaat beroepsopleidingsinstelling sonder winsoogmerk wat studente die ideale geleentheid bied om ʼn nasionaal geakkrediteerde kwalifikasie in ʼn veilige, gestruktureerde, landelike omgewing te verwerf. BKO fokus daarop om vryheid deur middel van gehalte-opleiding en arbeid moontlik te maak deur studente toe te rus om hulle tot roepingsgedrewe volwassenes te vorm wat die arbeidsmark met selfvertroue kan betree.

Om vir die lektorspos in Boerderybestuur te kwalifiseer, benodig jy ʼn tersiêre kwalifikasie in Onderwys en/of Landbou. Die suksesvolle kandidaat moet oor minstens vyf jaar se ervaring in ʼn onderrig- of opleidingsveld beskik, waarvan blootstelling aan ʼn tegniese opleidingsomgewing of in die boerderybedryf ten sterkste in die kandidaat se guns sal tel.

Die posbekleër sal onder meer verantwoordelik wees vir:

  • die voorbereiding, beplanning en aanbieding van kurrikulum-belynde onderrig en opleidingsessies;
  • die assessering van studente en algemene studente-administrasie;
  • die gehalte van lesplanne;
  • die ontwikkeling en voortbouing van vak- en assesseringsleêrs;
  • die hersiening en verbetering van vakke as vakkundige;
  • werksplekskakeling om die plasing van studente in die bedryf te fasiliteer; en
  • die verdere beplanning en ontwikkeling van die proefplaas.

Vakke wat aangebied word en waarin die posbekleër bevoeg moet wees, sluit in:

  • Finansiële bestuur
  • Rekenaarvaardighede (MS Word; MS PowerPoint; MS Excel);
  • Boerderybestuur en Mensehulpbronbestuur
  • Plant- en Veeproduksie (insluitend Grondkunde)
  • Boerderytegnologie en Meganisasie (Goeie kennis van die vakgebied word aanbeveel, maar dit is nie ʼn vereiste nie)

Goeie verbale en geskrewe kommunikasievaardighede, uitstekende interpersoonlike vaardighede, die vermoë om onder druk te kan funksioneer en sperdatums te haal, sal tot jou voordeel strek. Jou toewyding aan die bereiking van doelwitte, jou vermoë om te analiseer en beplan, entoesiasme, motivering en bereidwilligheid om te leer, sal van jou ʼn aanwins in ons omgewing maak. Die suksesvolle kandidaat moet ook oor administratiewe vaardighede beskik.

Die suksesvolle kandidaat moet sterk morele en etiese, Christelike norme en waardes navolg. ʼn Sterk verbintenis met Orania se visie van selfstandigheid en selfwerksaamheid is noodsaaklik.

Indien jy aan dié profiel voldoen, stuur asseblief jou CV in Afrikaans (geen sertifikate nie) voor of op 24 April 2025 per e-pos na Chantall Hugo by betrekkings@solidariteit.co.za.

Indien jy nie binne drie weke ná die sluitingsdatum terugvoer ontvang nie, kan jy aanvaar dat ander kandidate vir die pos oorweeg is.