Stel jy belang om meer te weet?

Studieaansoeke vir 2026 is oop!

Bespreek 'n kampustoer

Opedag 2026

Stel jy belang om meer te weet?

Studieaansoeke vir 2026 is oop!

Bespreek 'n kampustoer

Opedag 2026

Ontvangspersoon en persoonlike assistent

Bo-Karoo Opleiding (BKO) is ʼn Christelike, privaat, nie-winsgewende opleidingsinstansie wat gehalte onderrig bied aan studente in ʼn veilige, gestruktureerde, plattelandse omgewing. Geleë in die Afrikaner-dorp, Orania, stel BKO studente in staat om ʼn nasionaal geakkrediteerde kwalifikasie te verwerf. BKO fokus daarop om vryheid deur middel van gehalte-opleiding en arbeid moontlik te maak deur studente toe te rus om hulle tot roepingsgedrewe volwassenes te vorm wat die arbeidsmark met selfvertroue kan betree.

Ons is op soek na ʼn vriendelike, dinamiese en georganiseerde persoon om as ontvangspersoon en persoonlike assistent diens te doen aan die uitvoerende hoof en as eerste verwelkomingspunt vir besoekers aan die instelling, met geleentheid vir professionele groei soos wat dié dinamiese opleidingsinstelling groei.

Die minimum vereistes om vir die pos in aanmerking te kom, is soos volg:

· Nasionale Senior Sertifikaat (Graad 12)

· ʼn Toepaslike kwalifikasie in administrasie, sekretariële ondersteuning of kliëntediens

· Twee tot drie jaar se toepaslike ervaring in administrasie, kliëntediens, ontvangs- en skakelbordwerk

· Goeie verbale en geskrewe kommunikasie in Afrikaans en Engels

· Sterk administratiewe- en koördineringsvaardighede

· Diskresie en betroubaarheid in die hantering van sensitiewe inligting

· Goeie rekenaarvaardighede

Die posbekleër sal onder meer verantwoordelik wees vir:

· Professionele ontvangs van besoekers, aflewerings en telefoonoproepe

· Hantering van die skakelbord en verspreiding van boodskappe

· Koördinering van kalenders en reisreëlings vir die uitvoerende hoof

· Ondersteuning en koördinering van onder andere, vergaderings, onderhoude en ander administratiewe funksies

· Verskaffing van algemene administratiewe ondersteuning aan bestuursvlak

· Bestuur en uitbou van die ontvangsarea met ʼn verwelkomende atmosfeer

Die volgende sal in die kandidaat se guns tel:

· ʼn Positiewe gesindheid en kliëntediensgedrewenheid

· Aandag aan fyn besonderhede, netheid en uitstekende tydbestuursvaardighede

· Vermoë om onder druk verskeie take gelyktydig en akkuraat uit te voer

· Inisiatief en selfstandigheid, maar ook spanvaardigheid

Die suksesvolle kandidaat moet ten volle belyn wees met die waardes en werkswyse van die groter Solidariteit Beweging wat uit ʼn sterk morele, etiese en Christelike grondslag spruit. Die suksesvolle kandidaat moet ook bereid wees om hom/haar volkome met die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskap van Orania te vereenselwig. ʼn Sterk verbintenis met Orania se visie van selfstandigheid en selfwerksaamheid sal in die kandidaat se guns tel.

Indien jy aan dié profiel voldoen, stuur asseblief jou CV in Afrikaans (geen sertifikate nie) voor of op 31 Julie 2025 per e-pos na Chantall Hugo by betrekkings@solidariteit.co.za

Indien jy nie binne drie weke ná die sluitingsdatum terugvoer ontvang nie, kan jy aanvaar dat ander kandidate vir die pos oorweeg is.