Klopdisselboom toekoms met loodgieter-kwalifikasie
BKO se beroepskwalifikasie as loodgieter bied meer as net die teorie in die handboek en hande vuil maak tydens die praktiese toepassing– dié kwalifikasie fokus op werksgereedheid en die bou van uitstekende vaardighede vir die wêreld van werk. Boonop bied die beroep verskeie moontlikhede!
BKO-studente geïnspireer deur Afriforum Jeug se Jeugkongres
Die tema van die kongres, “Jeugontwaking”, beklemtoon hoe die jeug ‘n kernrol speel in die bou van ’n hoopvolle, vreeslose toekoms vol geleenthede.
BKO skop 2025 af met rekordgetalle
Vir die eerste keer verwelkom BKO meer as 200 studente, waarvan die helfde eerstejaars is.
Michelle Rust neem bykomende rol as Programkoördineerder in Departement Landbou

Hierdie bykomende rol sluit aan by haar huidige posisie as lektor in die program en sal haar verantwoordelikhede uitbrei om die kursus se waardetoevoeging verder te verfyn.
BKO Lektor ‘n #JouYster-finalis!

Ons is trots om aan te kondig dat Reinhardt Coetzee, een van ons lektore in die Ambagsdepartement, as een van die 20 finaliste in die Solidariteit Ambagnetwerk se #JouYster-kompetisie aangewys is!
Doret Le Cornu skakel by BKO in

Ons is opgewonde om aan te kondig dat Doret Le Cornu, ‘n bekende gesig by BKO, by ons span aansluit as Intern: Studentesake en Bemarking.
Annerie Loots aangestel as Lektor

Annerie is aangestel as die lektor vir die splinternuwe VKO-program, ‘n diploma wat oor 12 maande strek met 450 krediete op suksesvolle voltooiing. Studente sal nie net teoretiese kennis opdoen nie, maar ook waardevolle praktiese ervaring opdoen in skole in die omgewing. Sy sien daarna uit om passievolle studente op te lei en te inspireer om selfversekerd op te tree.
Marcel Badenhorst-Nieuwoudt neem leiding as Departementshoof van Landbou

Bo-Karoo Opleiding (BKO) is trots om die aanstelling van Marcel Badenhorst-Nieuwoudt as ons nuwe Departementshoof van Landbou aan te kondig, met ingang 1 Desember 2024.
BKO-studente slaag vaktoetse met uitsonderlike resultate

Elke suksesvolle student is ‘n herinnering aan ons missie om jongmense toe te rus met skaarsvaardighede en hulle voor te berei vir ‘n blink toekoms.