BKO skop 2025 af met rekordgetalle
Vir die eerste keer verwelkom BKO meer as 200 studente, waarvan die helfde eerstejaars is.
Michelle Rust neem bykomende rol as Programkoördineerder in Departement Landbou
Hierdie bykomende rol sluit aan by haar huidige posisie as lektor in die program en sal haar verantwoordelikhede uitbrei om die kursus se waardetoevoeging verder te verfyn.
BKO Lektor ‘n #JouYster-finalis!
Ons is trots om aan te kondig dat Reinhardt Coetzee, een van ons lektore in die Ambagsdepartement, as een van die 20 finaliste in die Solidariteit Ambagnetwerk se #JouYster-kompetisie aangewys is!
Doret Le Cornu skakel by BKO in
Ons is opgewonde om aan te kondig dat Doret Le Cornu, ‘n bekende gesig by BKO, by ons span aansluit as Intern: Studentesake en Bemarking.
Annerie Loots aangestel as Lektor
Annerie is aangestel as die lektor vir die splinternuwe VKO-program, ‘n diploma wat oor 12 maande strek met 450 krediete op suksesvolle voltooiing. Studente sal nie net teoretiese kennis opdoen nie, maar ook waardevolle praktiese ervaring opdoen in skole in die omgewing. Sy sien daarna uit om passievolle studente op te lei en te inspireer om selfversekerd op te tree.