Stel jy belang om meer te weet?

Studieaansoeke vir 2026 is oop!

Stel jy belang om meer te weet?

Studieaansoeke vir 2026 is oop!

Registrasieproses

BOERDERYBESTUUR

Volg die registrasieproses op die blad om seker te maak jy voltooi die proses van begin tot einde. ‘n Registrasiebrief sal eers uitgereik word sodra al die stappe suksesvol voltooi is en bewys daarvan gelewer kan word.

Opleidingsmodel

Hierdie kwalifikasie is hoofsaaklik daarop gemik om aan die student tegniese, teoretiese, praktiese en werkplekkennis en -vaardighede te gee wat in dié beroepsarea vereis word. Die ontwerp van hierdie kwalifikasie is sodanig dat dit studente in staat stel om progressief die Nasionale N-diploma te verwerf sodra die vereiste werkservaringmodules voltooi is. Klasse word in Afrikaans aangebied, maar sekere studiemateriaal word slegs in Engels uitgereik.

Opleiding geskied aaneenlopend in drie fases, naamlik teoretiese, praktiese vaardigheids- en werkservaringsmodules. Die teoretiese en praktiese opleiding geskied oor ’n tydperk van twee jaar en word in Orania afgelê. Binne die twee jaar word die eerste ses maande van die vereiste werkservaringtydperk afgelê. Studente is verplig om alle kontaksessies, waartydens die lektor die voorgeskrewe teorie met hulle sal behandel, by te woon. Klasse begin daagliks om 08:00 en kan met inbegrip van pouses en middagete tot 16:00 duur. Nadat die student gedurende hierdie tydperk al sy/haar N4-, N5- en N6-modules se eksamens suksesvol voltooi het, begin die laaste 12 maande se werkservaringtydperk.

Hierna dien die student sy/haar volledige portefeulje van bewyse in sodat ‘n aansoek vir die diploma ingedien kan word.

In die geval dat ‘n student nie aan die einde van sy/haar studies aan die vereistes voldoen nie, sal dit die student se opleidingstydperk verleng. Die tydperk waarmee die studies verleng word gaan deur die leemtes wat die student moet opvang bepaal word. Indien ‘n student slegs ‘n eksamen hoef te herhaal, kan hy/sy voortgaan met die jaar van praktiese opleiding buite Orania, mits die iCASS-punte (Internal Continuous Assessment) van die vak nog geldig is en die eksamen afgelê word. Wanneer die iCASS-punte verval het, moet klasse, assessering, toetse en interne eksamens herhaal word. In beide gevalle sal daar bykomende kostes aan verbonde wees.

Die minimum toelatingsvereistes vir die diploma is as volg:

  • Alle vakke op N4, N5 en N6-vlak moet reeds voltooi wees.
  • Die 18 maande praktiese tyd, waarvan ses maande intern en 12 maande buite Orania gedoen word, moet voltooi wees en die logboek en fotobewyse volledig ingehandig word.

 

BKO sal die aansoek vir die diploma ingee sodra alles deur die student afgehandel en by ons ingedien is.

Betaalopsies vir die studiejaar

Hier volg ‘n uiteensetting van die vier betaalopsies vir 2025:

1). Betaal die totale studiekoste voor of op 31 Desember 2024 teen 2024 se tariewe.

2). Betaal die totale studiekoste voor of op 28 Februarie 2025 teen ‘n 5%-korting op 2025 se tariewe.

3). Betaal die totale studiekoste oor ’n tydperk van 10 maande voor die 7de van elke maand. Alle gelde moet teen 31 Oktober 2025 betaal wees. Indien jy dié opsie volg, is dit teen 2025 se tariewe.

4). Doen aansoek vir ’n studielening by SFD (Solidariteit Finansiële Dienste) of Helpende Hand Studiefonds.

*Bepalings en voorwaardes geld.

 

Gebruik asb. die verwysing Naam en Van ST (bv. Carla Loots ST) vir enige gelde betaalbaar i.v.m. jou studies.

Bankbesonderhede vir alle betalings:

Bank: FNB

Rekeningnaam: Bo-Karoo Opleiding

Tjekrekeningnommer: 626 785 795 94

Takkode: (Hopetown) 230203

Bewys van betaling: carla@bko.co.za

Kostestruktuur vir 2024 en 2025:

Die kostestruktuur van 2024 (slegs van toepassing op betaalopsie een):

KursusStudiekoste
BoerderybestuurR52 000

 

Die kostestruktuur vir eerstejaarstudente van 2025:

KursusStudiekostePBT
Boerderybestuur**R60 500R1 250

** Persoonlike beskermingstoerusting-koste (PBT), bykomend tot die studiekoste, is betaalbaar.

Bepalings en voorwaardes:

  1. Die kostes sluit handboeke in.
  2. Kostes is onderhewig aan verandering t.o.v. jaarlikse verhogings.
  3. Boerderybestuur voornemende studente wat van betaalopsie 1 gebruik maak sal die R3 300 handboekkoste bykomend tot 2024 se kostes betaal (R52 000 + R3 300).
  4. Persoonlike beskermingstoerusting-koste, bykomend tot die studiekoste, is verpligtend vir alle eerstejaarstudente.
    1. 50% van die koste aangedui hierbo is betaalbaar teen 31 Januarie 2025.
    2. Die ander 50% is betaalbaar teen 30 April 2025.
  5. Voornemende studente wat hul eie persoonlike beskermingstoerusting aankoop (sien bladsy 10 vir meer hieroor) is verantwoordelik vir die bykomende borduurkoste wat R165 beloop.
  6. Voornemende studente wat van betaalopsie 1 gebruik maak sal die PBT-koste bykomend tot 2024 se kostes betaal.
  7. Indien jou studieaansoek deur ons afgekeur word, sal die volle studiekoste aan jou terugbetaal word.
  8. Indien jou studiepermit deur die Orania Dorpsraad afgekeur word, sal die volle studiekoste aan jou terugbetaal word.
  9. Indien jy enige vakke of modules druip, sal die kostes om die vak oor te neem bykomend tot die bostaande kostes gevoeg word.
  10. Studente wat hul studies voor Maart 2025 staak, bly verantwoordelik vir hul studiekoste tot en met 31 Maart 2025.
  11. Die studiegeld van studente wat hul studies na Maart 2025 staak, sal bereken word tot en met die einde van die blok waarmee hulle besig is. Blokke duur drie maande lank en eindig dus op 31 Maart, 30 Junie, 30 September en 31 Desember.

Betaalopsies vir koshuisverblyf

Hier volg ‘n uiteensetting van die vyf betaalopsies vir 2025:

1.1) ‘n Huurdeposito van R2 600 is betaalbaar teen 28 Februarie 2025 indien jy gebruik gaan maak van koshuisverblyf.

1.2) Daar is beperkte koshuisplek beskikbaar vir 2025, daarom is ‘n gedeelte van die huurdeposito nl. R1 000 onmiddelik betaalbaar om jou plek in die koshuis te verseker. Die opsie is slegs geldig tot en met 31 Desember 2024.

2). Skryf in en betaal die totale koshuiskoste voor of op 31 Desember 2024 teen 2024 se tariewe.

3). Skryf in en betaal die totale koshuiskoste voor of op 28 Februarie 2025 teen ‘n 5%-korting op 2025 se tariewe.

4). Koshuisgelde is normaalweg betaalbaar oor 10 maande voor die 7de van elke maand. Alle gelde moet teen 31 Oktober 2025 betaal wees. Indien jy dié opsie volg, is dit teen 2025 se tariewe.

5). Doen aansoek vir ’n lening by Solidariteit Finansiële Dienste (SFD) of Helpende Hand Studiefonds teen 2025 se tariewe.

 

*Bepalings en voorwaardes geld.

 

Gebruik asb. die verwyssing Naam en Van KH (bv. Carla Loots KH) vir enige gelde betaalbaar i.v.m. jou koshuisgelde.

Bankbesonderhede vir alle betalings:

Bank: FNB

Rekeningnaam: Bo-Karoo Opleiding

Tjekrekeningnommer: 626 785 795 94

Takkode: (Hopetown) 230203

Bewys van betaling: carla@bko.co.za

Kostestruktuur vir 2024 en 2025:

Die kostestruktuur van 2024 (slegs van toepassing op betaalopsie twee):

  • R24 000 (krag en etes uitgesluit)

Die kostestruktuur van 2025:

  • R26 000 (krag en etes uitgesluit)

Bepalings en voorwaardes:

  1. Kostes is onderhewig aan verandering t.o.v. jaarlikse verhogings.
  2. Die koop van krag word nie by die betalingsopsies ingesluit nie en studente is steeds verantwoordelik vir die aankoop van krag vir hul wooneenhede.
  3. Etes word by geen van die koshuise ingesluit nie.
  4. Die gedeelte betaalbaar uit die huurdeposito om jou plek te verseker in die koshuis sal terugbetaal word aan die student indien al die koshuisplekke gevul is teen die tyd wat die kandidaat die betaling gemaak het.
  5. Indien jou studieaansoek deur ons afgekeur word, sal jy slegs gefaktureer word tot en met die datum wat jy woonagtig was in die koshuis.
  6. Indien jou studiepermit deur die Orania Dorpsraad afgekeur word, sal jy slegs gefaktureer word tot en met die datum wat jy woonagtig was in die koshuis.
  7. Jy sal slegs in ‘n koshuis ingedeel word vanaf November 2024 indien jy die huurdeposito / gedeeltelike huurdeposito betaal het.

Koshuisindelings vir 2025 geskied vanag November 2025 (studente sal slegs ingedeel word indien hulle die deposito / gedeeltelike deposito betaal het).

Die huiskomitee (HK) van die betrokke koshuise doen die indeling so tussendeur hul studies en eksamenvooorbereiding, so as jy jou koshuisdeposito betaal het en die bewys van betaling gestuur het na carla@bko.co.za kan jy rustig wees.

Jou koshuisgids met alles wat jy moet weet rondom jou koshuis, insluitend wat jy moet saambring, hoe die eenheid of kamer lyk ens., sal in die maand van November na jou gestuur word deur jou HK.

Privaatstudente, julle gaan ‘n boodskap ontvang van ons daghuis se huiskomitee.

Rig asb. navrae aan die volgende persone:

Enige koshuisnavrae: Jou koshuis WhatsApp-groep / HK wat met jou gesels het

Finansies: Benita van Heerden benita@ontwikkelorania.co.za (insluitend indien jy wil verifieer of jou betaling ontvang is)

Enige verdere navrae as dit: Marike Labuschagne marike@bko.co.za

Bepalings en voorwaardes:

  1. Kostes is onderhewig aan verandering t.o.v. jaarlikse verhogings.
  2. Die koop van krag word nie by die betalingsopsies ingesluit nie en studente is steeds verantwoordelik vir die aankoop van krag vir hul wooneenhede.
  3. Etes word by geen van die koshuise ingesluit nie.
  4. Die gedeelte betaalbaar uit die huurdeposito om jou plek te verseker in die koshuis sal terugbetaal word aan die student indien al die koshuisplekke gevul is teen die tyd wat die kandidaat die betaling gemaak het.
  5. Indien jou studieaansoek deur ons afgekeur word, sal jy slegs gefaktureer word tot en met die datum wat jy woonagtig was in die koshuis.
  6. Indien jou studiepermit deur die Orania Dorpsraad afgekeur word, sal jy slegs gefaktureer word tot en met die datum wat jy woonagtig was in die koshuis.
  7. Jy sal slegs in ‘n koshuis ingedeel word vanaf November 2024 indien jy die huurdeposito / gedeeltelike huurdeposito betaal het.

 

Koshuisindelings vir 2025 geskied vanag November 2025 (studente sal slegs ingedeel word indien hulle die deposito / gedeeltelike deposito betaal het).

Die huiskomitee (HK) van die betrokke koshuise doen die indeling so tussendeur hul studies en eksamenvooorbereiding, so as jy jou koshuisdeposito betaal het en die bewys van betaling gestuur het na carla@bko.co.za kan jy rustig wees.

Jou koshuisgids met alles wat jy moet weet rondom jou koshuis, insluitend wat jy moet saambring, hoe die eenheid of kamer lyk ens., sal in die maand van November na jou gestuur word deur jou HK.

Privaatstudente, julle gaan ‘n boodskap ontvang van ons daghuis se huiskomitee.

Stap 1: Verblyfreg

Een van die mees opwindende tye in ’n mens se lewe is wanneer jy nadink oor die toekoms en jou studies en loopbaan moet begin beplan. ’n Nuwe wêreld van geleenthede lê oop voor jou, waar jy nuwe vriende gaan maak, ervaring gaan opdoen en daarmee saam ’n groot bydrae tot die arbeidsmag gaan maak.

Dit is vir ons ’n voorreg dat jy Bo-Karoo Opleiding, wat binne Orania gevestig is, as bestemming vir jou studies oorweeg. Orania is ’n unieke gemeenskap wat innoverende oplossings vir Afrikaners bewerkstellig. Dit is ons doel en hoop dat jou studies hier gepaardgaan met ’n veilige en voorspoedige omgewing en ’n gevoel van tuiskoms tussen jou eie mense, waar jy deel van die gemeenskap vorm.

Dit is belangrik om Orania in hierdie opsig te verstaan – jou studies is nie bloot ’n geleentheid om jouself te bekwaam nie, dit vind plaas binne ’n gemeenskap. Orania is gebou rondom die idee van ’n gemeenskap wat dieselfde waardes deel en veral dieselfde toekomsvisie het. In Orania is jy deel van die gemeenskap en help jy bou aan die doel wat ons wil bereik.

Jou studieaansoek gaan gepaard met ’n proses wat ons “Verblyfreg” noem. Dit is ’n proses waardeur elkeen wat in Orania wil woon, studeer en werk moet gaan. Die oogmerk met Verblyfreg is om seker te maak dat almal wat deel van die gemeenskap wil vorm inderdaad verstaan waaroor dit gaan en gemakliker hier kan inpas.

Die proses word deur die Orania Dorpsraad gefasiliteer en werk as volg:

1.  Kliek op die skakel https://verblyfreg.myorania.co.za/Aansoek/StudentepermitInleiding

2.  Lees die inleiding deur en druk op die “Begin”-knoppie onderaan.

3.  Vul jou ID-nommer in, sowel as die volgende aansoekverwysingskode: SSP8648

4.  Vul nou die aansoekvorm volledig in en heg asb. alle relevante dokumente aan.

5.  Dit is beter om die vorm op ’n rekenaar in te vul. Dit wil nie altyd so lekker op ’n slimfoon werk nie.

6.  Waar daar staan Orania adres kan jy ‘Orania Koshuis’ invul indien jy van koshuisverblyf gebruik gaan maak in 2025.

7.  Betaal die aansoekfooi van R470 aan die Dorpsraad met die korrekte verwysing.

8.  Bankbesonderhede word gedurende die aansoekproses gegee. Moet dus nie die bankbesonderhede gebruik wat deurgegee word op bladsy 14 van die dokument nie.

9.  Jou aansoek gaan, sodra jy dit suksesvol voltooi het, deur die Verblyfregpaneel geëvauleer word en jy kan terugvoer per e-pos vanaf die Orania Dorpsraad verwag.

Vir enige vrae in die verband, is jy welkom om Maritza du Plessis by 053 207 0063 te skakel.

Stap 2: Registrasiefooi

Stap 1 van die registrasieproses behels die betaling van die nie-terugbetaalbare registrasiefooi van R2 700. Gebruik asb. die verwyssing Naam en Van Rfooi (bv. Carla Loots Rfooi)

Stuur ‘n e-pos aan benita@ontwikkelorania.co.za met die volgende inligting om ‘n kwotasie te ontvang: 1. Student Naam en Van, 2. Student ID-nommer, 3. Student selfoonnommer, 4. Studierigting,  5. Aansoek vir koshuisverblyf

Bankbesonderhede vir alle betalings:

Bank: FNB

Rekeningnaam: Bo-Karoo Opleiding

Tjekrekeningnommer: 626 785 795 94

Takkode: (Hopetown) 230203

Bewys van betaling: carla@bko.co.za

Stap 3: Studieleningaansoek (opsioneel)

Bo-Karoo Opleiding (BKO) bied aan studente die geleentheid tot finansiering vir hul studies in die vorm van ‘n studielening wat vir hulself ‘n hoopvolle toekoms wil skep, maar nie oor die nodige finansiële hulpbronne beskik nie.

BKO vat hande met Solidariteit Finansiële Dienste (SFD) en Helpende Hand Studiefonds wat toegang tot studielening aan BKO-studente bied.

Alle kandidate moet hul aansoek by SFD indien. Indien die kandidaat se aansoek nie voldoen aan SFD se vereistes nie, word die aansoek verwys na Helpende Hand Studiefonds.

(Gebruik jou voorlopige keuringsbrief as bewys van aansoek by BKO.)

Kontak my gerus by carla@bko.co.za vir enige verdere navrae in die verband.

Stap 4: Solidariteit studievoordeel (opsioneel)

Solidariteit bied ‘n studievoordeel aan studente wat by hul opleidingsinstellings studeer.

Die studievoordeel is slegs beskikbaar vir volwaardige Solidariteit-lede en/of hul afhanklike kind(ers) wat, onder andere, by BKO studeer.

  1. Lees asb. die bepalings en voorwaardes-dokument hier (kliek op die woord om die dokument oop te maak) voordat jy met die aansoek begin.
  2. Teken in by jou Solidariteit Netwerk profiel (of skep een indien jy nog nie een het nie) hier: https://aanlyn.solidariteit.co.za/teken-aan/
  3. Daarna moet jy gaan na ‘Lidmaatskap’ aan die linkerkant en daaronder moet jy op ‘Dokumente druk’.
  4. Druk nou op die oranje ikoon aan die regterkant van die ‘Solidariteit studievoordeel aansoekvorm’-blok om die aansoekvorm af te laai.
  5. Voltooi die vorm en e-pos dit na studies@solidariteit.co.za (moet asb. nie die vorm aan BKO stuur nie).

Indien jou aansoek suksesvol is, sal die gelde direk aan BKO oorbetaal word waar dit as krediet op jou rekening sal verskyn.

Indien jou rekening ten volle betaal is en dit jou finale studiejaar is (deur enige ander persoon/ instelling as ‘n studiefondssentrum), sal die gelde aan die student/ouer uitbetaal word.

Indien jy ‘n studielening het, sal die gelde aan die studiefonds betaal word ter afbetaling van jou lening.

Kontak diens@solidariteit.co.za of 012 644 4300 vir bystand met die aansoek indien jy dit benodig.

Stap 5: Voldoening aan toelatingsvereistes

Die laaste stap van die registrasieproses is om aan die minimum toelatingsvereistes te voldoen.

  • Graad 12-kwalifikasie | NSS | N3-sertifikaat
  • Graad 12 Wiskunde 40% | Wiskundige Geletterdheid 50% | Tegniese Wiskunde 40%

Datums en roosters

Datum

Gebeurtenis

10 Januarie 2025

Koshuis intrekdag

Studente wat gebruik maak van koshuisverblyf trek in die onderskeie koshuise in.

Ons beveel aan dat studente wat van privaat verblyf gebruik maak ook voor/op hierdie dag intrek.

10 – 12 Januarie 2025

Eerstejaarskamp

13 Januarie 2025

Eerstejaarsoriëntering- en inburgering begin

Orania Dorpsraad oriëntering sal ook in hierdie tydperk plaasvind.

BKO tref al die nodige reëlings namens die studente.

22 & 23 Januarie 2025

Eerstejaars akademiese induksie

24 Januarie 2025

BKO jaarafskop kuier & kunstenaar optrede

27 Januarie 2025

Eerstejaars begin amptelik met klas

13 & 14 Februarie 2025

Eerstejaarskonsert

28 Februarie 2025 – 2 Maart 2025

Inblynaweek

 

Die oriëntering begin dus 10 Januarie 2025 met die Eerstejaarskamp en eindig met die Jaarafskop op 24 Januarie 2025 (Dit sluit die drie naweke in).

Alle koshuisstudente gaan op 10 Januarie 2025 vanaf 08:00 – 12:00 in die koshuis in kan trek. Daarna gaan ons vinnig met alle studente en ouers gesels en julle verwelkom voor die bus 14:00 vertek eerstejaarskamp toe. Na die geleentheid kan ouers, familie en vriende huiswaarts keer.

Sien asb. ‘n lys van gastehuise in Orania hier (kliek op die woord om die dokument oop te maak) om te skakel indien familie en of vriende jou na Orania bring.

 Neem asb. kennis dat jou klasrooster en datums vir die res van die jaar se kwartale deur jou lektor aan jou gegee gaan word sodra jy met klas begin einde Januarie.

Programbenodighede

Verpligtend

  • 1x lang donkerblou denimbroek
  • 1x “stone”-kleur kortbroek (dameslengte moet gepas wees)
  • 1x hoed
  • Sakrekenaar (een wat jy op skool gebruik het)
  • Basiese skryfbehoeftes
  • 1x skryfboek (192 bladsye of na aan dit) per vak (vyf vakke)
  • 1x paar werkskoene
  • 2x olyfgroen oorpakke van Jonsson Workwear

Oorpakke spesifikasies

Kyk na die spesifieke oorpak se spesifikasies by die twee skakels (https://www.jonssonworkwear.com/versatex-work-jacket & https://www.jonssonworkwear.com/versatex-work-trousers). Indien jy nie die spesifieke oorpakke besit nie, kan jy in Januarie 2025 jou bestelling by jou lektor plaas. BKO kan die oorpakke teen ‘n afslagprys aankoop, wat dit goedkoper maak as die prys in die winkel of aanlyn. Indien jy besluit om jou eie stelle te koop, moet jy steeds die R165 borduurkoste betaal.

Die studente se bydrae tot die PBT (oorpakke) is R1 250 (opsioneel). Studente is welkom om die bedrag in twee paaiemente te betaal. Die eerste paaiement (R625) moet teen einde Januarie 2025 betaal wees en die tweede paaiement teen einde April 2025. Gebruik die verwysing Naam en van PBT (bv. Carla Loots PBT) en stuur bewys van betaling na carla@bko.co.za.

Bankbesonderhede vir alle betalings:

Bank: FNB

Rekeningnaam: Bo-Karoo Opleiding

Tjekrekeningnommer: 626 785 795 94

Takkode: (Hopetown) 230203

Bewys van betaling: carla@bko.co.za

Opsioneel

  • 1x stel kamaste
  • 1x sonbril
  • 1x stel tuinhandskoene
  • 1x “multi tool”
  • Skootrekenaar
  • Geheuestokkie

 

Indien jy enige navrae het rondom die benodighedelys hierbo het, kan jy vir een van jou lektore ‘n e-pos stuur by michelle@bko.co.za of marcel@bko.co.za.

Eerstejaarskamp

Meer inligting oor die eerstejaarskamp vir 2026 sal later vanjaar bekendgemaak word. Geniet die lusmakervideo!