Studieaansoeke vir 2026 open 1 April 2025!

Studieaansoeke vir 2026 open 1 April 2025!

TUISsorgassistent

Die ses maande lange Tuissorgassistent-kursus fokus op al die praktiese vaardighede wat jy nodig het om iemand met respek en deernis te help en te versorg.

Kwalifikasie

Toelatingvereistes

Modules

Opleidingsmodel

Die doel van hierdie kwalifikasie is om ’n student voor te berei om geregistreerde verpleegkundiges met die fisiese en emosionele versorging van pasiënte te help. Klasse word in Afrikaans aangebied, maar sekere studiemateriaal word slegs in Engels uitgereik.

Die Tuissorgassistent-kwalifikasie is ’n ses maande kursus wat uit drie komponente bestaan: teoretiese, praktiese vaardigheids- en werkservaringmodules. Die teoretiese komponent word deur ’n ervare, geregistreerde verpleegkundige in ’n moderne en toegeruste lesinglokaal aangebied. Praktiese vaardighede word  in ‘n simulasielaboratorium geleer en ingeoefen, en deur middel van werkservaring verder verfyn. Die werkservaringmodules word in diens van die gemeenskap aangewend. Studente is verplig om alle kontaksessies, waartydens die lektor die voorgeskrewe teorie met hulle sal behandel, by te woon. Klasse geskied twee keer per week om 17:00-20:00 by die opleidingsentrum in Orania. Die werkservaringmodules word onder toesig van ervare personeel in Orania verrig.

Daar word van studente verwag om op ‘n deurlopende basis ‘n werksverklaring van die werk wat hulle verrig, by te hou. Die werksverklaring word gemodereer deur QCTO wat deur HWSETA geadministreer word, wat as bewys dien dat voorgeskrewe werkservaring opgedoen is.  Aan die einde sal kwalifiserende studente ’n eksterne eksamen skryf. Indien hulle slaag, sal dit hul in staat stel om as tuissorgassistente onder toesig te  praktiseer.

VIR WIE IS HIERDIE KURSUS?

Tuissorgassistente help mense met basiese fisiese versorging en gee emosionele ondersteuning. Daarom is die kursus vir tuissorgassisente ideaal vir ’n persoon wat ’n sterk roeping het om ander mense te help. Die tuisversorger is ’n toegewyde persoon met ’n deernis vir ander. ’n Belangstelling in mense en versorging is aan te beveel.

HOEKOM MOET JY TUISVERSORGING OORWEEG?

◊ Die aantal bejaardes, kinders en gestremdes wat tuisversorging benodig word al hoe meer. Die fokus val deesdae op die onafhanklike funksionering van bejaardes, om hulle so lank as moontlik selfversorgend en met waardigheid in die gemeenskap te laat bly. Daarom is daar al hoe meer werksgeleenthede vir tuissorgassistente.

◊ ’n Gekwalifiseerde tuissorgassistent kan by ’n versorgingsinstansie soos ’n ouetehuis gaan werk of sy/hy kan privaat versorging in mense se huise onder toesig van ’n geregistreerde verpleegkundige doen.

◊ Die Tuissorgassistent-kwalifikasie bied die geleentheid vir mense om hulself in ’n veld te bekwaam waarin hulle met waardigheid ’n kosbare diens kan lewer. Deur die Tuissorgassistent-kursus sal jy belangrike vaardighede leer wat tot voordeel van jouself, jou gesin en jou gemeenskap sal strek.

Die registrasiefooi vir

eerstejaars vir die jaar is R1 350.

Die totale studiekoste vir

eerstejaars vir die jaar is R11 500.

* Kosteverhogings geskied jaarliks

Inskrywings vir studies in 2026 open
1 April 2025!

*Studiekostes vir 2026 sal van die datum af beskikbaar wees.

Die student se toelating tot BKO word bepaal deur vier faktore, nl.

Jong entrepreneur verbreed sy kennisveld

By Bo-Karoo Opleiding sal ‘n jong entrepreneur ‘n ideale wegspringplek vind vir ‘n loopbaan as suksesvolle besigheidsman- of vrou.

Dít het Corné Cawthorn terdeë besef in die afgelope drie jaar van studies by Bo-Karoo Opleiding. Corné, afkomstig van Aliwal-Noord, is ‘n afgestudeerde Bou-en Siviele Konstruksie-student, en is tans besig met sy diploma in Siviele Ingenieurswese.

Lees Meer »

Van Elektries na diploma in Siviele Ingenieurswese

Annalene Booyens, afgestudeerde Elektries-student by Bo-Karoo Opleiding wat tans besig is met haar diploma in Siviele Ingenieurswese, beskou haar reis by BKO as ‘n wonderlike geleentheid om te help bou aan ‘n gemeenskap en ‘n hoopvolle toekoms. Voor sy haar tuiste in Orania gevind het, het Annalene in Bloemfontein gewoon en grootgeword, waar sy by Hoërskool Sand du Plessis gematrikuleer het. In 2022 het sy na Orania getrek om haar studies by BKO te begin.

Lees Meer »