
Vroeë Kinderontwikkeling
As jy passievol is oor klein kinders en dalk reeds as ’n au pair werk, is hierdie kursus die ideale kursus vir jou. Jy kan ’n loopbaan bou wat jou, en ander, se lewens verryk.
Kwalifikasie
- Beroepsertifikaat: Vroeëkinderontwikkelingspraktisyn, NKR-vlak 4, SAQA ID 97542
Toelatingvereistes
- Graad 12-kwalifikasie | NKR-vlak 3 kwalifikasie
Modules
◊ Inleiding tot vroeëkinderontwikkeling
◊ Teorieë en perspektiewe op VKO
◊ Die beplanning en ontwikkeling van programme om kinders deur die vroeë kinderstadiums te begelei
◊ Fasilitering en bemiddeling van aktiewe opvoeding
◊ Waarneming en berammings om te bepaal of die kind sy/haar mylpale in die VKO bereik
◊ Die bevordering van gesondheid, veiligheid en welstand van die kinders
◊ Die administrasie van VKO-dienste en programme
◊ Beplan inklusiewe opvoedige aktiwiteite en roetines deur die gebruik van ‘n goedgekeurde program.
◊ Fasiliteer en bemiddel aktiewe leer in ‘n holistiese en geïntegreerde leerprogram.
◊ Observeer, assesseer en die skryf van vorderingsverslae oor elke kind volgens sy/haar ouderdom en ontwikkelingsfases.
◊ Bevorder en ondersteun die gesondheid, veiligheid en welstand van kinders.
◊ Bou en onderhou samewerkende verhoudings met ouers en ander diensverskaffers.
◊ Beplan en onderhou administratiewe stelsel.
◊ Opstel van leeprogramme en roetines
◊ Proses van fasilitering en bemiddeling van die leerprogramme
◊ Beplan die proses van observering, assessering en skryf van verslae om ’n kind se leer en ontwikkelling te monitor
◊ Bevorder die gesondheid, welstand, veiligheid en beskerming van kinders in ’n VKO-instelling
Opleidingsmodel
’n Vroeëkinderontwikkelingspraktisyn beplan en berei vroeëkinderaktiwiteite voor, fasiliteer en bemiddel leer, neem waar en assesseer die vordering van kinders. Daar word besin oor leer in ’n inklusiewe, speelgebaseerde omgewing om holistiese ontwikkeling van kinders (van konsepsie tot skoolgaande ouderdom) te ondersteun. Die leer vind plaas in sentrumgebaseerde of nie-sentrumgebaseerde omgewings.
Die kwalifikasie in Vroeëkinderontwikkeling bestaan uit drie komponente: teoretiese-, praktiese vaardigheids- en werkservaringmodules. Die teoretiese komponent word deur ’n ervare, geregistreerde vakspesialis in ’n moderne en goed toegeruste lesinglokaal aangebied. Praktiese vaardighede word in ‘n simulasielaboratorium ingeoefen en verder deur middel van werkservaring verfyn. Die werkservaringmodules word in diens van die gemeenskap aangewend.
Studente is verplig om alle kontaksessies, waartydens die lektor die voorgeskrewe teorie met hulle sal behandel, by te woon. Klasse begin daagliks 08:00 en kan met inbegrip van pouses en middagete tot 16:00 duur. Die werkservaringmodules word onder toesig van ervare personeel in Orania verrig.
Daar sal van alle studente verwag word om op ʼn deurlopende basis ʼn portefeulje van die werk wat hulle verrig het, by te hou. Hierdie portefeulje sal by die SETA ingehandig word as bewys dat die voorgeskrewe leer- en werkinhoud bemeester is, alvorens die student toelating to die eksterne eksamen verkry.
VIR WIE IS HIERDIE KURSUS?
’n Vroeëkinderontwikkelingspraktisynskursus is ontwerp om individue voor te berei om effektief in vroeëkinderontwikkelingsomgewings te werk, kinders meer selfversekerd te maak en om hulle in die regte wegspringblokke vir leer en ontwikkeling te kry.
As jy passievol is oor klein kinders en dalk reeds as ’n au pair werk, is hierdie kursus die ideale kursus vir jou. Jy kan ‘n loopbaan bou wat jou, en ander, se lewens verryk.
Die kursus se doel is:
◊ om jou met kennis en vaardighede toe te rus om as ’n vroeëkinderontwikkelingspraktisyn te funksioneer en kinders in hulle vroeë ontwikkeling te ondersteun;
◊ om jou toe te rus om babas en kleuters holisties – dus fisies, emosioneel, geestelik en sosiaal – te versorg;
◊ om op beide sentrumgebaseerde (plekke soos kleuterskole en dagsorgsentrums) en nie-sentrumgebaseerde (gemeenskapsgebaseerde of tuisgebaseerde) VKO-instellings te fokus; en
◊ om ’n beter toekoms vir ons kinders en ons samelewing te bou.

Die registrasiefooi vir
eerstejaars vir die jaar is R2 700.
Die totale studiekoste vir
eerstejaars vir die jaar is R29 500.
* Kosteverhogings geskied jaarliks
*Studiekostes vir 2026 sal van die datum af beskikbaar wees.

Die student se toelating tot BKO word bepaal deur vier faktore, nl.
- TOELATINGSVEREISTES
- REGISTRASIEFOOI
- TOELATINGSTOETS
- VERBLYFREG TOT ORANIA




Pieter Scholtz: Van stofpadkind tot suksesvolle besigheidseienaar
Daar is geen kortpaaie na sukses nie. Dit verg harde werk en deursettingsvermoë, en beteken dikwels dat jy onder moet begin en boontoe bou. Pieter Scholtz, ‘n oudstudent van Bo-Karoo Opleiding (BKO) en tans ‘n suksesvolle besigheidseienaar, het hierdie waarhede vroeg in sy lewe besef.
Oorspronklik ‘n stofpadkind van die plaas Wonderput, het Pieter sy skoolloopbaan in Orania begin en daar voltooi. Nadat hy in 2019 gematrikuleer het, het sy liefde om met sy hande te werk hom na BKO gelei, waar hy in 2021 as Loodgieter-eerstejaar sy studies begin het.
Leer-My-Hoe Proefplaas vier eerste verjaarsdag
‘n Jaar het verbygevlieg vandat Bo-Karoo Opleiding hul heel eerste proefplaas, genaamd die Leer-My-Hoe Proefplaas, bekendgestel het. BKO se boerderybestuurstudente en -lektore het hard gewerk om die proefplaas op die voete en aan die gang te kry en die proefplaas is verlede jaar op 18 Oktober aan die dorp en publiek bekendgestel.
Steenwerk Vakmanuitdaging 2024 by Orania Karnaval – ‘n Suksesvolle Kompetisie!
Bo-Karoo Opleiding het weer die gewilde Steenwerk Vakmanuitdaging aangebied tydens die Orania Karnaval, en ons is trots om die talentvolle deelnemers en borge uit te lig. Vanjaar het 11 spanne, elk bestaande uit ‘n bouer en ‘n handlanger, mekaar die stryd aangesê. Ten spyte van die heerlike reën wat die karnaval verfris het, het dit nie die passie en kompeterende gees van die bouers geblus nie. Elke span het gebou volgens ‘n plan ontwerp deur Cornè Cawthorn van Ora Ligte Staal, met sand wat geborg is deur Wilco. Die prysgeld is 50/50 geborg deur die Orania Dorpsraad en Bo-Karoo Opleiding.