Stel jy belang om meer te weet?

Skryf in

Bespreek 'n kampustoer

Stel jy belang om meer te weet?

Skryf in

STUDENTEVERBLYF

DUIKER

Die Duiker is einde 2019 klaar gebou en is stapafstand van die opleidingsentrum geleë. Die koshuis bestaan uit agt woonstelle met ‘n badkamer en ‘n kombuis, wat elk drie studente kan huisves. Hierdie woonstelle is bo-op ‘n kantoorkompleks gebou. 

Kostes vir 2027 is R 34 960. ‘n Aansluitingsfooi van R 1 000 is addisioneel betaalbaar.

STEENBOK

Die Steenbok Herberg is naby die Orania-sportgronde en reg langs die gemeenskapswembad geleë. Hierdie koshuis is deur die eerste groep afstuderende studente van Bo-Karoo Opleiding gebou. Die koshuis bestaan uit 24 kamers waarin twee tot vier studente saam in ‘n kamer kan bly. Die koshuis beskik oor volledige kombuis- en badkamergeriewe. 

Daar is ook ‘n Steenbok vleuel op die selfde terrein as Vaalbos Manskoshuis. Die wooneenhede beskik oor drie kamers (almal enkelkamers), ‘n gemeenskaplike kombuis, -leefarea en -badkamergeriewe.

Kostes vir 2027 word binnekort bekend gemaak. ‘n Aansluitingsfooi van R 1 000 is addisioneel betaalbaar. 

STEENBOK

Die Steenbok Herberg is naby die Orania-sportgronde en reg langs die gemeenskapswembad geleë. Hierdie koshuis is deur die eerste groep afstuderende studente van Bo-Karoo Opleiding gebou. Die koshuis bestaan uit 24 kamers waarin twee tot vier studente saam in ‘n kamer kan bly. Die koshuis beskik oor volledige kombuis- en badkamergeriewe. Die verblyfkoste vir 2026 beloop R28 000, krag ingesluit (deposito, koshuiskas en koshuisklerasie).

Daar is ook ‘n Steenbok vleuel op die selfde terrein as Vaalbos Manskoshuis. Die wooneenhede beskik oor drie kamers (almal enkelkamers), ‘n gemeenskaplike kombuis, -leefarea en -badkamergeriewe. 

Kostes vir 2027 is R 29 960. ‘n Aansluitingsfooi van R 1 000 is addisioneel betaalbaar.

HELDEHUIS

Heldehuis is geskep om studente wat gebruik maak van private behuising buite BKO die geleentheid te bied om steeds deel te neem aan ‘n opwindende studentelewe. Heldehuis bied ook die geleentheid vir studente wat aanlyn vanuit Orania studeer by ander instansies om ook deel te word van die studentefamilie. Kom geniet die nuwe tradisies en aksies vir studente deur studente en bou saam aan ‘n beter toekoms vir ons en ons nageslag. 

Aansluitingsfooi van R 1 000 is addisioneel betaalbaar.

Vaalbos

Die nuwe ontwikkeling is vanaf 2024 in gebruik geneem as tydelike studenteverblyf. Die wooneenhede beskik oor drie kamers (almal enkelkamers), ‘n gemeenskaplike kombuis, -leefarea en -badkamergeriewe.

Kostes vir 2027 is R 39 950. ‘n Aansluitingsfooi van R 1 000 is addisioneel betaalbaar.