Elektries
Hierdie beroepsertifikaat stel studente in staat om as elektrisiën aan die behoeftes en uitdagings van die huidige elektrisiteitbedryf te voldoen. Dit voorsien hulle met die nodige kennis en vaardighede om in verskeie omgewings elektriese toerusting, installasies en beheerstelsels te beplan, voor te berei, te bedraad, in bedryf te stel, te toets, te onderhou en te herstel.
Kwalifikasie
- Beroepsertifikaat: Elektrisiën, NKR-vlak 4, 360 krediete, SAQA ID: 91761
Toelatingsvereistes
- Graad 12-kwalifikasie
- Graad 12 Wiskunde 40% | Wiskundige Geletterdheid 50% | Tegniese Wiskunde 40%
- Goeie fisiese gesondheid
Modules
BEPLANNING EN VOORBEREIDING VAN DIE WERKSPLEK, TOERUSTING, GEREEDSKAP, VERBRUIKSGOEDERE EN MATERIAAL
TOETSING EN INSPEKSIE VAN ELEKTRIESE TOERUSTING, BEHEERSTELSELS EN INSTALLASIES
INSTALLASIE, BEDRADING EN KOPPELING VAN ELEKTRIESE TOERUSTING EN BEHEERSTELSELS
ONDERHOUD EN HERSTEL VAN ELEKTRIESE TOERUSTING, BEHEERSTELSELS EN INSTALLASIES
WISSELSTROOM, GELYKSTROOM, ENKELFASE, DRIEFASE EN BASIESE ELEKTRONIKA
Beroepsgesondheid en -veiligheid
EN NOG MEER…
Opleidingsmodel
Opleiding geskied aaneenlopend in drie fases, nl. teoretiese-, praktiese vaardigheids- en werkservaringmodules, wat mekaar oor ‘n tydperk van 36 maande afwissel. Studente is verplig om die 18 maande teoretiese – en praktiese werkswinkelkontaksessies in Orania by te woon, waartydens die lektor die voorgeskrewe teorie met hulle behandel. Klasse neem daagliks 08:00 in aanvang en kan, met inbegrip van pouses en middagete, tot 16:00 duur. Tydens die teoretiese en praktiese vaardigheids fases sal studente in Orania wees, waarná hulle hul werkservaringmodules landswyd by goedgekeurde elektrisiën kan verrig vir die oorblywende 18 maande. Klasse word in Afrikaans aangebied, maar die studiemateriaal word in Engels uitgereik.
Gedurende die laaste vier maande van die student se werksplek ervaringstydperk, sal hy/sy die geleentheid gebied word om voorbereiding vir sy/haar vaktoets te doen. Wanneer die student al die vereistes slaag gedurende die vaktoetsvoorbereiding, sal die vaktoetsaansoekproses begin.
VAARDIGHEDE WAT JY SAL ONTWIKKEL
VAARDIGHEDE WAT JY SAL ONTWIKKEL
HIERDIE KWALIFIKASIE STEL STUDENTE IN STAAT OM:
- die werkplek, toerusting, gereedskap, verbruiksgoedere en materiaal vir elektriese aktiwiteite en bedrywighede te beplan en voor te berei;
- elektriese toerusting en beheerstelsels te installeer, te bedraad en te koppel;
- elektriese toerusting, beheerstelsels en installasies te toets en te inspekteer;
- elektriese toerusting, beheerstelsels en installasies te onderhou en te herstel.
Potensiële loopbane wat gevolg kan word:
Potensiële loopbane wat gevolg kan word:
- Elektrisiën in die residensiële, kommersiële en industriële omgewing
- Elektrisiën in die bou- en konstruksiebedryf
- Installasie-elektrisiën
- Voorman
- Projekbestuurder
- Lektor by ‘n opleidingsinstansie
- Eienaar van eie elektriese kontrakteursbesigheid
Die registrasiefooi vir
eerstejaars vir die jaar is R2 835.
Die totale studiekoste vir
eerstejaars vir die jaar is R59 945.
Innames vir 2026:
- Januarie 2026
- Augustus 2026
* Kosteverhogings geskied jaarliks
Die student se toelating tot BKO word bepaal deur vier faktore, nl.
- TOELATINGSVEREISTES
- REGISTRASIEFOOI
- TOELATINGSTOETS
- VERBLYFREG TOT ORANIA




Laat aansoeke is nog oop!
Oorweeg jy dit om nog in 2026 met jou studiereis weg te spring? Dit is nog nie te laat nie – jy kan tot 16 Januarie 2026 vir een van BKO se puik kwalifikasies aansoek doen!
BKO versterk sy bemarkingspan
Shakita kom van Somerset Wes en het onlangs haar BCom Digitale Bemarking by Stadio Universiteit in Bellville voltooi.
BKO verwelkom vir Karin Bain terug in ons midde
Karin is geen onbekende by BKO nie. Sy was reeds voltyds deel van die span van 2021 tot 2023, en het in 2024–2025 steeds deeltyds betrokke gebly.