Stel jy belang om meer te weet?

Skryf in

Bespreek 'n kampustoer

Stel jy belang om meer te weet?

Skryf in

Perslintfonds

Elke jongmens het ’n droom, maar nie elkeen begin met baie middele tot hul beskikking nie. Die studente-sakespan kom gereeld jongmense teë wat hul studies met moed en vasberadenheid aanpak, maar wat deur finansiële struikelblokke oorweldig word. Baie van hierdie studente kom uit huishoudings waar dit nie vir die ouers moontlik is om finansiële ondersteuning te bied nie, en studente moet hard werk om hulself te onderhou.

Die Perslintfonds is gestig om hierdie unieke struikelblokke aan te spreek en behoeftige studente te ondersteun. Die fonds word aangewend om studente te ondersteun deur kos, vervoer en ander noodsaaklike hulpmiddels te voorsien, asook hulp wanneer studente onverwags nood ervaar. Die Perslintlonds bied dus nie net finansiële hulp nie, maar ook ’n hupstoot van hoop en geleenthede, sodat studente hul volle aandag op hul studies kan vestig en hul drome kan verwesenlik.

Die fonds het reeds talle studente ondersteun en verseker dat hulle versorg en gevoed word gedurende hierdie belangrike tydperk in hul lewens. Ons is afhanklik van die vriendelikheid van donateurs om die werk van die Perslintlonds voort te sit.

By BKO glo ons in ’n hoopvolle toekoms. Lewer ’n bydrae of kontak ons om ’n student se droom moontlik te maak.