Studieaansoeke vir 2025 is oop!

Studieaansoeke vir 2025 is oop!

SKEP ‘N TOEKOMS VIR JOUSELF IN ‘N OMGEWING VAN VRYHEID, VEILIGHEID EN VOORSPOED.

In die middel van Suid-Afrika, in die Bo-Karoo streek, langs die Oranjerivier, in die plattelandse Afrikanergemeenskap van Orania, bou Bo-Karoo Opleiding aan vryheid deur opleiding en arbeid.

KWALIFIKASIES

Bo-Karoo Opleiding (BKO) bied die ideale geleentheid om ʼn nasionaal

geakkrediteerde kwalifikasie in ʼn goed gestruktureerde landelike omgewing te verwerf.

Hier verwerf studente nie net ʼn kwalifikasie nie, hulle word gevorm om as roepinggedrewe

volwassenes die arbeidsmark te betree – stewig gegrond in hul geloof en kultuur, op pad na ʼn nuwe môre.

KWALIFIKASIES

Bo-Karoo Opleiding (BKO) bied die ideale geleentheid om ʼn nasionaal geakkrediteerde kwalifikasie in ʼn goed gestruktureerde landelike omgewing te verwerf.

Hier verwerf studente nie net ʼn kwalifikasie nie, hulle word gevorm om as roepinggedrewe volwassenes die arbeidsmark te betree – stewig gegrond in hul geloof en kultuur, op pad na ʼn nuwe môre.

Studentelewe

ʼn Gesonde studentelewe is die kern, die hartklop van enige opleidingsinstansie.

By Bo-Karoo Opleiding is studente nie net ʼn nommer nie. Opleiding is belangrik en opvoeding loop hand aan hand met akademie. Daar word gesê dat dit ʼn gemeenskap verg om ʼn kind groot te maak en by BKO is dit presies so. Ons kampus het nie heinings nie, dit is deel van die dorp en ons studente is deel van die Orania- gemeenskap.

Studenteverblyf

Bo-Karoo Opleiding beskik oor twee koshuise, nl. Die Duiker en Steenbok Herberg.

Planne is reeds ver gevorder vir die oprigting van twee nuwe koshuise.

Daar is ook verskeie opsies vir studente wat van privaat verblyf gebruik wil maak. Dié studente word betrek by Heldehuis, BKO se daghuis.

Vul die belangstellingsvorm in en ons kontak jou.