Verwys en Wen
Verwys ’n VOORNEMENDE STUDENT om by Bo-Karoo Opleiding te studeer en KRY R1 000!
BEPALINGS EN VOORWAARDES GELD
- Jy kan nie jouself verwys nie.
- Om vir die verwysingsfooi van R1 000 in aanmerking te kom, moet die verwysing deurgegee word voordat die voornemende student die aanlyn inskrywingsvorm begin of dit voltooi het. Dus moet die verwysde student se aansoek en registrasie voortspruit uit die verwysing.
- Om vir die verwysingsfooi in aanmerking te kom, moet die voornemende student die volledige deposito betaal.
- Die verwysende persoon moet die inligting op die aansoekvorm op die bladsy hieronder voltooi om vir die verwysingsfooi te kwalifiseer.
- Die promosie is slegs van toepassing vir persone wat kandidate vir huidige BKO kursusse verwys.
- Indien jou verwysing suksesvol is, sal jy die R1 000 ontvang indien jou studenterekening op datum is, indien dit nie op datum is nie, sal die R1 000 aangewend word tot die afbetaling van jou studenterekening (slegs van toepassing op huidige en alumni BKO-studente; eksterne persone uitgesluit by die reël).
- R500 sal uitbetaal word sodra BKO die deposito ontvang en die oorblywende R500 sal uitbetaal word sodra die verwysde kandidaat aanmeld vir opleiding.
- Daar is nie ‘n beperking op hoeveel persone ‘n verwysende persoon kan verwys nie.