Verwys en wen
Verwys ’n VOORNEMENDE STUDENT om aan Bo-Karoo Opleiding te studeer en KRY R500!
BEPALINGS EN VOORWAARDES GELD
- Die promosie is slegs geldig vir voornemende eerstejaars-, huidige Bo-Karoo Opleiding-studente of -alumni wat voornemende studente vir die studiejaar van 2025 verwys.
- Jy kan nie jouself verwys nie.
- Om vir die verwysingsfooi in aanmerking te kom, moet die verwysing deurgegee word voordat die voornemende student met ʼn aanlyn aansoek begin of dit voltooi het.
- Om vir die verwysingsfooi in aanmerking te kom, moet die voornemende student die aansoekproses voltooi, en suksesvol gekeur en geregistreer wees voordat die verwysende student vir die kontantbedrag sal kwalifiseer. Registrasie behels dat die voornemende student die inskrywingsvorm voltooi, voorlopig gekeur word deur BKO, die registrasiefooi betaal, die toelatingstoets slaag, die studentekontrak (en huurooreenkoms vir akkommodasie indien van toepassing) ten volle invul en elektronies indien en Orania verblyfreg suksesvol voltooi.
- Die verwysende persoon moet die inligting op die aansoekvorm op die bladsy hieronder voltooi om vir die verwysingsfooi te kwalifiseer.
- Verwysende studente sal slegs in aanmerking kom vir die R500 indien die verwysde student ten tye van die verwysing nog nie ʼn aansoek geskep het nie. Dus moet die verwysde student se aansoek en registrasie voortspruit uit die verwysing.
- Indien jou studenterekening ten volle betaal is vir die jaar, sal jy die verwysingsfooi in kontant ontvang. Indien jy nog skuld het, sal dit na die afbetaling van jou studenterekenening gaan.
- Die promosie is slegs van toepassing vir studente wat kandidate vir die volgende kursusse verwys: Boerderybestuur, Bou- en Siviele Konstruksie, Elektries, Loodgieter, Siviele Ingenieurswese Diploma, Tuissorgassistent, Tuisversorging en Vroeë Kinderontwikkeling.
- Die verwysingspromosie is geldig tot en met 23 Januarie 2025.