
Nasionale N-diploma: Siviele Ingenieurswese
Hierdie nasionale diploma sal studente in staat stel om die bou- en siviele konstruksiebedryf op ‘n gevorderde vlak te betree, met die fokus op die verskillende dokumentasie en berekeninge wat daarmee gepaard gaan en die vermoë om opmetings en kosteberamings vir enige projek te kan doen. Die studente sal ook meer kennis dra oor hoe strukture soos brûe, paaie en wolkekrabbers beplan en gebou word, wat die bou- en siviele konstruksiebedryf in Suid-Afrika kan bevorder.
Kwalifikasie
- Nasionale N-diploma: Siviele Ingenieurswese N4 – N6, NKR-vlak 6, 360 krediete, SAQA-ID: 90674
Toelatingsvereistes
- Graad 12-kwalifikasie | NKR-vlak 4 in die konstruksiebedryf
- Graad 12-modules: Wiskunde en IGO (Ingenieursgrafika en -ontwerp)
Vakke
Bou- en struktuuropmeting
Bourekene
Bou-administrasie
Bou- en Struktuurkonstruksie
Opleidingsmodel
Opleiding geskied deeltyds, waartydens teoretiese-, praktiese vaardigheids- en werkservaringsmodules oor ‘n tydperk van twee jaar, afhangend van die student se vermoë, aangebied word. Studente is verplig om alle teoretiese- en praktiese werkswinkelkontaksessies in Orania by te woon, waartydens die lektor die voorgeskrewe teorie met hulle behandel. Klasse neem vyf maal per trimester vanaf 08:00 plaas en kan, met inbegrip van pouses en middagete, tot 17:00 duur. Tydens die teoretiese en praktiese klasse sal studente dus in Orania wees en ook vereis word om twee termyntoetse af te lê voor die eksterne eksamen, waarna hulle hul werkservaringmodules landswyd by enige geregistreerde kontrakteur kan verrig. Klasse word in Afrikaans aangebied, maar die studiemateriaal word in Engels uitgereik. Daar is vier vakke per N-vlak, waarvan twee vakke per trimester behandel word. Daar word drie geleenthede per jaar gegee vir studente om ekstern eksamen te skryf.
Met die voltooiing van die N6-nasionale sertifikaat kan die student die bewyse van sy/haar werkservaringmodules, wat oor ’n tydperk van 18 tot 24 maande geskied, inhandig sodat ’n aansoek vir die diploma ingedien kan word.
Potensiële loopbane wat gevolg kan word:
Potensiële loopbane wat gevolg kan word:
- Bourekenmeester
- Landmeter
- Projekbestuurder
- Siviele ingenieur
- Lektor in Siviele Ingenieurswese
- Struktuurbestuurder

Die registrasiefooi vir eerstejaars vir die jaar is R2 700.
Die totale studiekoste vir N4 is R16 125.

Die registrasiefooi vir eerstejaars vir die jaar is R2 835.
Die totale studiekoste vir N4 is R17 093.
* Kosteverhogings geskied jaarliks
- Mei 2025
- Augustus 2025
- Januarie 2026

Die student se toelating tot BKO word bepaal deur vier faktore, nl.
- TOELATINGSVEREISTES
- REGISTRASIEFOOI
- TOELATINGSTOETS
- VERBLYFREG TOT ORANIA




Welkom aan Ruaan van Dyk!
Ons verwelkom met trots Ruaan van Dyk as die nuwe spanlid by BKO! Ruaan is aangestel in die pos van IT & Infrastruktuur koördineerder
Nuwe tegniese aanstelling by BKO
Bo-Karoo Opleiding (BKO) verwelkom graag mnr. Shawn Loggenberg in sy nuwe rol as Loodgieter lektor in Departement Ambagte op die Technika kampus.
Johan Kriek sluit aan by BKO as Lektor
Bo-Karoo Opleiding is trots om die aanstelling van Mnr. Johan Kriek as Lektor in die Landboudepartement aan te kondig.