Stel jy belang om meer te weet?

Skryf in

Bespreek 'n kampustoer

Stel jy belang om meer te weet?

Skryf in

VAKATURE: EKSTERNE MATERIAALONTWIKKELAAR

LANDBOU

Bo-Karoo Opleiding (BKO) is ʼn Christelike, private, nie-winsgewende opleidingsinstansie wat gehalte-onderrig bied aan studente in ʼn veilige, gestruktureerde, plattelandse omgewing. Geleë in die Afrikaner dorp Orania, stel BKO studente in staat om ’n nasionaal geakkrediteerde kwalifikasie te verwerf. BKO fokus daarop om vryheid deur middel van gehalte-opleiding en -arbeid moontlik te maak deur studente toe te rus deurhulle tot roepingsgedrewe volwassenes te vorm wat die arbeidsmark met selfvertroue kan betree.

Projek: Ontwikkeling van materiaal vir ‘n Diploma (NKR-vlak 6) in Landboubestuur en Herlewingsboerdery

Aard van Aanstelling: Kontrak / Konsultantbasis

POSOORSIG

Bo-Karoo Opleiding (BKO) is besig om sy hoëronderwysaanbod uit te brei en is op soek na ’n hoogs gekwalifiseerde en ervare landboukundige, akademikus of kurrikulumspesialis om op ’n konsultantbasis as eksterne materiaalontwikkelaar op te tree.

Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir die ontwikkeling van volledige, akademies begronde en studentgerigte leermateriaal vir een of meer modules van die diploma. Die materiaal moet volgens die voorgeskrewe kurrikulum, module-uitkomste en NKR-vlakbeskrywers vir ’n NKR-vlak 6 Diploma ontwikkel word.

Die aanstelling behels nie die ontwikkeling van die kwalifikasie of programstruktuur nie. Die aangewese materiaalontwikkelaar sal ’n bestaande module-raamwerk, uitkomste en inhoudsriglyne ontvang waarvolgens die studiemateriaal ontwikkel moet word.

SLEUTELVERANTWOORDELIKHEDE

  • Doen toepaslike akademiese en bedryfsnavorsing om te verseker dat die inhoud akkuraat, relevant en op datum is.
  • Skryf inhoud wat geskik is vir studente op NKR-vlak 6.
  • Verduidelik vakinhoud duidelik en sistematies met toepaslike praktiese voorbeelde uit die landboubedryf.
  • Ontwikkel leeraktiwiteite, gevallestudies, praktiese toepassings, selfassesseringsvrae en hersieningsaktiwiteite.
  • Verseker belyning tussen die module-uitkomste, studiemateriaal, leeraktiwiteite en assesserings.
  • Gebruik toepaslike akademiese bronne en verskaf volledige bronverwysings.
  • Bring die nodige wysigings aan nadat die materiaal intern of ekstern geëvalueer, geredigeer of gemodereer is.
  • Werk binne die vasgestelde projekplan en lewer die materiaal volgens die ooreengekome spertye in.
  • Verseker dat alle ontwikkelde materiaal oorspronklik is en aan toepaslike kopiereg- en akademiese integriteitsvereistes voldoen.

MINIMUM VEREISTES

  • Kwalifikasie: ’n Toepaslike nagraadse kwalifikasie in Landbou, Landboubestuur, Plantproduksie, Veeproduksie, Grondkunde, Landbou-ekonomie, Volhoubare Landbou, Herlewingsboerdery of ’n verwante vakgebied. (’n Kwalifikasie op minstens NKR-vlak 8 is ’n vereiste.)
  • Ondervinding: Ervaring van die ontwikkeling van akademiese studiemateriaal, handboeke, studiegidse of opleidingsmateriaal.
  • Kennis: Grondige kennis van die RHO se akkreditasiekriteria, kurrikulumontwikkeling, die huidige en toekomstige vaardigheidsbehoeftes Suid-Afrikaanse landboubedryf huidige en toekomstige vaardigheidsbehoeftes en akademiese gehalteversekering.

VAARDIGHEDE EN EIENSKAPPE

  • Uitstekende akademiese en tegniese skryfvaardighede.
  • Die vermoë om ingewikkelde vakinhoud duidelik en verstaanbaar aan te bied.
  • Goeie navorsings- en bronverwysingsvaardighede.
  • Sterk taalvaardigheid in Afrikaans en Engels.
  • Die vermoë om onafhanklik en projekgebaseerd te werk.
  • Noukeurigheid en ’n sterk fokus op gehalte.

Die suksesvolle kandidaat moet ten volle belyn wees met die waardes en werkswyse van die groter Solidariteit Beweging wat uit ʼn sterk morele, etiese en Christelike agtergrond voortspruit.

HOE OM AANSOEK TE DOEN

Belangstellende konsultante of akademiese kundiges word genooi om hul CV, motivering en ’n kort portefeulje van soortgelyke projekte te stuur na:

E-pos: betrekkings@bko.co.za

Sluitingsdatum: 16 Augustus 2026

Navrae: Narina Meiring by 053 110 0620

Indien jy nie binne drie weke ná die sluitingsdatum terugvoer ontvang nie, kan jy aanvaar dat ander kandidate vir die pos oorweeg is.