Studieaansoeke vir 2025 is oop!

Studieaansoeke vir 2025 is oop!

Annerie Loots aangestel as Lektor

Bo-Karoo Opleiding (BKO) is verheug om Annerie Loots as die Lektor vir ons nuwe Vroeë Kinderontwikkeling (VKO) program te verwelkom in 2025. Annerie bring ‘n skatkis van ondervinding en passie na hierdie rol, en ons is opgewonde oor die impak wat sy op ons studente en die gemeenskap gaan hê.

Wie is Annerie Loots?

Annerie en haar gesin het in Paarl gewoon voordat hulle na Orania verhuis het, waar sy as Graad 2 opvoeder by Orania CVO Skool gewerk het. Sy het haar B.Ed Voorskool- en Grondslagfase-kwalifikasie aan Kovsies (Universiteit van die Vrystaat) verwerf en het indrukwekkende 16 jaar onderwys-ervaring. Hierby sluit 12 jaar as Graad R onderwyseres, drie jaar met 1-3 jarige kinders, en een jaar as Graad 2-onderwyseres in.

Annerie is aangestel as die lektor vir die splinternuwe VKO-program, ‘n diploma wat oor 12 maande strek met 450 krediete op suksesvolle voltooiing. Studente sal nie net teoretiese kennis opdoen nie, maar ook waardevolle praktiese ervaring opdoen in skole in die omgewing. Sy sien daarna uit om passievolle studente op te lei en te inspireer om selfversekerd op te tree. Haar groter visie vir BKO is om ‘n wye spektrum van kursusse aan te bied wat aan beide mans en dames die geleentheid bied om hul roeping in onderwys te vervul.

Met haar vriendelike, dinamiese en georganiseerde aard, sowel as haar liefde vir uitdagings, is ons vol vertroue dat Annerie hierdie program suksesvol sal uitbou. BKO wens haar sterkte toe in hierdie opwindende nuwe hoofstuk van haar loopbaan en sien uit na die positiewe insette wat sy sal bring!