Stel jy belang om meer te weet?

Skryf in

Bespreek 'n kampustoer

Stel jy belang om meer te weet?

Skryf in

VAKATURE: INLIGTING TEGNOLOGIE KOöRDINEERDER

Bo-Karoo Opleiding (BKO) is ʼn Christelike privaat nie-winsgewende beroepsopleidingsinstansie geleë in Orania wat studente die ideale geleentheid bied om ʼn nasionaal geakkrediteerde kwalifikasie in ʼn veilige, gestruktureerde, plattelandse omgewing te verwerf. BKO fokus daarop om vryheid deur middel van gehalte-opleiding en arbeid moontlik te maak deur studente toe te rus om hulle tot roepingsgedrewe volwassenes te vorm wat die arbeidsmark met selfvertroue kan betree.

POSDOEL

BKO bied aan ‘n veelsydige en dinamiese persoon die geleentheid om ‘n betekenisvolle bydrae tot personeel en studente se ervaring ten opsigte van tegnologie en stelsels te lewer.

KERNVERANTWOORDELIKHEDE

  • IT-ondersteuning aan personeel en studente, insluitend hardeware, sagteware, Microsoft 365 en gebruikersopleiding
  • Bestuur en administrasie van Microsoft 365, Active Directory/Entra ID, gebruikersrekeninge, lisensies en toegangsbeheer
  • Netwerkadministrasie, implementering en instandhouding van LAN-, Wi-Fi-, internet-, VPN- en veselnetwerke
  • Kuberveiligheid, insluitend antivirus, brandmure, rugsteun, databeskerming en sekuriteitsbeleide
  • Bestuur en ontwikkeling van digitale platforms, wolkoplossings, outomatisering en AI-tegnologie
  • Bestuur en instandhouding van CCTV-, toegangsbeheer- en slimtegnologie-oplossings
  • Beplanning, bestuur en implementering van IT-projekte, tegniese dokumentasie, IT-begrotings en aankope

VEREISTES

  • Noodsaaklik:
    • Kwalifikasie in Inligtingstegnologie met minstens drie jaar ervaring in ’n korporatiewe omgewing
    • Verblyfreg in Orania moet verkry word
  • Wenslik: 
    • Goeie verbale en geskrewe kommunikasievaardighede
    • Uitstekende interpersoonlike vaardighede
    • Ondervinding binne ‘n opleidingsomgewing
    • Die vermoë om onder druk te kan funksioneer en sperdatums te haal
    • Die vermoë om te analiseer en beplan
    • Entoesiasme, motivering en bereidwilligheid om te leer
    • Moet oor administratiewe vaardighede beskik

Die suksesvolle kandidaat handhaaf sterk morele en etiese, Christelike norme en waardes en vereenselwig hom-/haarself met Orania se visie van selfstandigheid en selfwerksaamheid.

HOE OM AANSOEK TE DOEN

Voltooi asseblief die aanlynvraelys beskikbaar op die skakel: https://bko.co.za/vakante-pos-aansoekvraelys/ en heg jou CV in Afrikaans (geen sertifikate nie) aan voor of op 28 Augustus 2026.

Aanvangsdatum: So gou moontlik.

Indien jy nie binne drie weke ná die sluitingsdatum terugvoer ontvang nie, kan jy aanvaar dat ʼn ander kandidaat vir die posisie oorweeg is.