Stel jy belang om meer te weet?

Skryf in

Bespreek 'n kampustoer

Stel jy belang om meer te weet?

Skryf in

VAKATURE: JUNIOR STUDENTELEWE BEAMPTE

Bo-Karoo Opleiding (BKO) is ʼn Christelike privaat nie-winsgewende beroepsopleidingsinstansie geleë in Orania wat studente die ideale geleentheid bied om ʼn nasionaal geakkrediteerde kwalifikasie in ʼn veilige, gestruktureerde, plattelandse omgewing te verwerf. BKO fokus daarop om vryheid deur middel van gehalte-opleiding en arbeid moontlik te maak deur studente toe te rus om hulle tot roepingsgedrewe volwassenes te vorm wat die arbeidsmark met selfvertroue kan betree.

POSDOEL

Bo-Karoo Opleiding bied aan ‘n veelsydige en dinamiese persoon die geleentheid om ‘n betekenisvolle bydrae tot Bo-Karoo Opleiding se studentelewe te lewer. Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir die ontwikkeling, koördinering en uitbou van ‘n gestruktureerde, gesonde en dinamiese studentelewe. Hierdie pos is ’n permanente, voltydse aanstelling.

KERNVERANTWOORDELIKHEDE

  • Bevorder ‘n dinamiese studentelewe en skep geleenthede waar studente tuis en geborge voel.
  • Skakel nou met die Bemarkingsafdeling om studente-aktiwiteite en -geleenthede effektief te bemark.
  • Koördineer die dag-tot-dag uitvoering van die studenteleweprogram.
  • Bestuur en koördineer projekte en studente-aktiwiteite op die gebied van sport, kultuur, sosiale betrokkenheid en gemeenskapsbetrokkenheid.
  • Lei vergaderings en beplanningsessies met personeel en studente.
  • Handhaaf effektiewe kommunikasie tussen studente en personeel en skakel met eksterne belanghebbendes.

VEREISTES

  • Noodsaaklik: Tersiêre kwalifikasie, ervaring in ‘n studentelewe-omgewing, uitstekende verbale en geskrewe kommunikasievaardighede, sterk interpersoonlike, administratiewe en rekenaarvaardighede, tegnologies vaardig met relevante sagteware en digitale platforms, vermoë om onder druk te funksioneer, inisiatief te neem en sperdatums na te kom.
  • Wenslik: Ervaring met die koördinering van studente-aktiwiteite en -funksies, fotografie en redigering van beeldmateriaal, kennis van studentelewe en -ontwikkeling, kreatiewe probleemoplossingsvermoë, sterk organisatoriese vaardighede en ‘n passie vir die ontwikkeling van jongmense.

Die suksesvolle kandidaat handhaaf sterk morele en etiese, Christelike norme en waardes en vereenselwig hom-/haarself met Orania se visie van selfstandigheid en selfwerksaamheid.

HOE OM AANSOEK TE DOEN

Voltooi asseblief die aanlynvraelys beskikbaar op die skakel: https://bko.co.za/vakante-pos-aansoekvraelys/ en heg jou CV in Afrikaans (geen sertifikate nie) aan voor of op 17 Augustus 2026.

Aanvangsdatum: So gou moontlik.

Indien jy nie binne drie weke ná die sluitingsdatum terugvoer ontvang nie, kan jy aanvaar dat ʼn ander kandidaat vir die posisie oorweeg is.