VAKATURE: Tydelike lektor (3 tot 28 November 2026)
ELEKTRIES
Bo-Karoo Opleiding (BKO) is ʼn private beroepsopleidingsinstelling sonder winsoogmerk in Orania wat studente die ideale geleentheid bied om ʼn nasionaal geakkrediteerde kwalifikasie in ʼn veilige, gestruktureerde, landelike omgewing te verwerf. BKO fokus daarop om vryheid deur middel van gehalte-opleiding en arbeid moontlik te maak deur studente toe te rus om hulle tot roepingsgedrewe volwassenes te vorm wat die arbeidsmark met selfvertroue kan betree.
VEREISTES
NOODSAAKLIK
- gekwalifiseerde Elektrisiën (Rooiseëlkwalifikasie);
- kennis en ervaring van die elektriesebedryf en/of ander tegniese ambagte;
- beskik oor goeie tegniese handvaardigheid;
- goeie kennis van die MS Office-pakket en rekenaarvaardighede;
- werkservaring in opleiding en die elektriese bedryf;
- vorige ondervinding as lektor/fasiliteerder sal ‘n aanbeveling wees; en
- verblyfreg in Orania moet verkry word.
WENSLIK
- goeie verbale en geskrewe kommunikasievaardighede;
- uitstekende interpersoonlike vaardighede;
- die vermoë om onder druk te kan funksioneer en sperdatums te haal, sal tot jou voordeel strek;
- moet oor administratiewe vaardighede beskik.
- Jou toewyding aan die bereiking van doelwitte, jou vermoë om te analiseer en beplan, entoesiasme, motivering en bereidwilligheid om te leer sal van jou ʼn aanwins in ons omgewing maak.
KERNVERANTWOORDELIKHEDE
- aanbieding van praktiese elektriese werkswinkel-opleiding en teoretiese ondersteuning aan ‘n studentegroep vir die tydperk van 4 weke;
- toesig oor werkswinkel veiligheid en algemene tegniese handvaardigheid;
- die assessering en meegaande administratiewe rekordhouding van studente; en
- gehalteversekering van daaglikse les- en praktiese aktiwiteite.
Die suksesvolle kandidaat moet ten volle belyn wees met die waardes en werkswyse van die groter Solidariteit Beweging wat uit ʼn sterk morele, etiese en Christelike agtergrond voortspruit. Die suksesvolle kandidaat moet ook bereid wees om hom of haar volkome met die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskap van Orania te vereenselwig. ʼn Sterk verbintenis met Orania se visie van selfstandigheid en selfwerksaamheid sal in die kandidaat se guns tel.
HOE OM AANSOEK TE DOEN
Voltooi asseblief die aanlynvraelys beskikbaar op die skakel: https://bko.co.za/vakante-pos-aansoekvraelys/ en heg jou CV in Afrikaans (geen sertifikate nie) aan voor of op 14 September 2026.
Indien jy nie binne drie weke ná die sluitingsdatum terugvoer ontvang nie, kan jy aanvaar dat ander kandidate vir die pos oorweeg is.