Stel jy belang om meer te weet?

Studieaansoeke vir 2026 is oop!

Stel jy belang om meer te weet?

Studieaansoeke vir 2026 is oop!

Johan Kriek sluit aan by BKO as Lektor

Bo-Karoo Opleiding (BKO) is trots om die aanstelling van Mnr. Johan Kriek as Lektor in die Landboudepartement aan te kondig. Met sy indrukwekkende akademiese agtergrond en jare se ondervinding in onderwys, sluit hy aan om teoretiese en praktiese opleiding op ’n hoë vlak aan te bied.

Johan het ’n B.Sc Technika en HOD aan die destydse PU vir CHO voltooi, asook ’n Nasionale N-Diploma aan die Ellisras Tegniese Kollege. Hy bring ’n stewige akademiese grondslag saam met praktiese ervaring, en is gretig om saam met die span te werk aan die ontwikkeling van die werkswinkel en die Leer-My-Hoe Proefplaas.

Met sy liefde vir tegniese onderrig en diep wortels in die landbou sien Johan uit daarna om deel te wees van ’n span wat, in sy woorde, “’n groot droom tot uitvoering bring.” Dít is die droom dat BKO die voorkeurinstelling sal wees wat die leemte in landbounavorsing en tegniese dienste vul en werklik ’n verskil maak in die toekoms van boerdery in Suid-Afrika.

Welkom, Johan!