Stel jy belang om meer te weet?

Skryf in

Bespreek 'n kampustoer

Stel jy belang om meer te weet?

Skryf in

BOERDERYBESTUUR

Hierdie nasionale diploma sal studente in staat stel om boerderybestuursfunksies en -produksiebesluite te verstaan, hoe om hulpbronne te benut, finansies te bestuur en landboubates te evalueer. Hulle word ook toegerus met praktiese kennis en vaardighede rakende plant- en veeproduksie asook basiese instandhouding in die Suid-Afrikaanse landbou-omgewing.

Kwalifikasie

Toelatingvereistes

Modules

Opleidingsmodel

Hierdie kwalifikasie is hoofsaaklik daarop gemik om aan die leerder tegniese, teoretiese, praktiese en werkplekkennis en vaardighede te gee wat in dié beroepsarea vereis word. Die ontwerp van hierdie kwalifikasie is sodanig dat dit leerders in staat stel om progressief die Nasionale N-diploma te verwerf sodra die vereiste werkservaringmodules voltooi is. Klasse word in Afrikaans aangebied, maar sekere studiemateriaal word slegs in Engels uitgereik.

Opleiding geskied aaneenlopend in drie fases, naamlik teoretiese-, praktiese vaardigheids- en werkservaringsmodules. Die teoretiese en praktiese opleiding geskied oor ’n tydperk van twee jaar en word in Orania afgelê. Binne die twee jaar word die eerste ses maande van die vereiste werkservaringtydperk afgelê. Studente is verplig om alle kontaksessies, waartydens die lektor die voorgeskrewe teorie met hulle sal behandel, by te woon. Klasse begin daagliks om 08:00 en kan met inbegrip van pouses en middagete tot 16:00 duur. Nadat die student gedurende hierdie tydperk al sy/haar N4-, N5- en N6-modules se eksamens suksesvol voltooi het, begin die laaste 12 maande se werkservaringtydperk.

Hierna dien die student hul volledige portefeulje van bewyse in sodat ‘n aansoek vir die diploma ingedien kan word.

POTENSIËLE WERKSGELEENTHEDE

NÁ VOLTOOIING VAN DIE KURSUS

POTENSIËLE WERKSGELEENTHEDE NÁ VOLTOOIING VAN DIE KURSUS

Koste-uitleg vir 2027

R 162 500 Betaalbaar in 18 paaiemente (finansiering is beskikbaar)
  • Deposito van R 5000 is vooraf betaalbaar
  • 24 maande teorie- en praktiese opleiding
  • Logboek is ingesluit
  • Persoonlike beskermingstoerusting is uitgesluit
  • Eerstejaarskampfooi van R1 800 is uitgesluit

Die student se toelating tot BKO word bepaal deur vier faktore, nl.

Pieter Scholtz: Van stofpadkind tot suksesvolle besigheidseienaar

Daar is geen kortpaaie na sukses nie. Dit verg harde werk en deursettingsvermoë, en beteken dikwels dat jy onder moet begin en boontoe bou. Pieter Scholtz, ‘n oudstudent van Bo-Karoo Opleiding (BKO) en tans ‘n suksesvolle besigheidseienaar, het hierdie waarhede vroeg in sy lewe besef.

Oorspronklik ‘n stofpadkind van die plaas Wonderput, het Pieter sy skoolloopbaan in Orania begin en daar voltooi. Nadat hy in 2019 gematrikuleer het, het sy liefde om met sy hande te werk hom na BKO gelei, waar hy in 2021 as Loodgieter-eerstejaar sy studies begin het.

Lees Meer »

Leer-My-Hoe Proefplaas vier eerste verjaarsdag

‘n Jaar het verbygevlieg vandat Bo-Karoo Opleiding hul heel eerste proefplaas, genaamd die Leer-My-Hoe Proefplaas, bekendgestel het. BKO se boerderybestuurstudente en -lektore het hard gewerk om die proefplaas op die voete en aan die gang te kry en die proefplaas is verlede jaar op 18 Oktober aan die dorp en publiek bekendgestel.

Lees Meer »

Neem kennis!

BKO is verbind tot relevante en gehalte-opleiding wat in lyn is met nasionale vereistes. As deel hiervan is sekere programme tans in ’n oorgangsfase en word hersien volgens regulatoriese riglyne op instruksie van Departement van Hoër Onderwys en Opleiding (DHET) en Quality Council For Trades & Occupations (QCTO). Voornemende studente kan egter gerus wees dat BKO deurlopend fokus op prakties en toepaslike opleiding wat aan bedryfsvereistes voldoen.

Inskrywings vir 2027: BKO aanvaar voorlopige aansoeke vir 2027 vanaf 1 Mei 2026. Let asseblief daarop dat finale bevestiging van inskrywings onderhewig is aan nasionale regulatoriese prosesse en die tydlyne vir die implementering van hersiene of alternatiewe kwalifikasies, indien van toepassing.

Kontak ons gerus indien jy enige verdere navrae het in hierdie verband.