Stel jy belang om meer te weet?

Bespreek 'n kampustoer

Koshuisverblyf vir 2027

Skryf in

Stel jy belang om meer te weet?

Skryf in

Steenbok Manskoshuis is ’n broederskap, gebou op ou tradisies, trots en ’n onmiskenbare eenheid wat ons duidelik onderskei van ander koshuise. Hier staan ons saam, ver van die gewone en skep ons ’n unieke kultuur waar elke student deel word van iets groter as homself.

Ons identiteit lê in ons sterk, gevestigde tradisies. Steenbok Ruk bly ’n kenmerkende hoogtepunt wat ons gees en samehorigheid versterk en ‘n goeie fondsinsameling is terwyl ons bekende spitbraaie en intergang-uitdagings ’n atmosfeer van gesonde kompetisie, kameraadskap en trots bou. ’n Besonderse tradisie is ons “Steenbok van die Week”, waar ’n inwoner sy naam met trots met ’n plank slaan – ’n simboliese oomblik wat erkenning gee aan betrokkenheid, karakter en koshuisgees.

By Steenbok Manskoshuis word jy deel van ’n hegte gemeenskap waar respek, lojaliteit en ondersteuning kernwaardes is. Ons glo daarin om mekaar te dra – akademies, sosiaal en persoonlik – terwyl ons steeds ruimte skep vir pret, tradisie en groei.

Vir enige student wat meer as net ’n plek om te bly soek, bied Steenbok Manskoshuis ’n ervaring wat anders is – ’n plek waar jy jouself kan wees, jou volle potensiaal kan bereik en deel word van ’n broederskap wat ver uitstaan bo die res.

Huiskomitee 2026/2027

Zig Basson

Primarius
Eerstejaars
Seniors

Andrew Erasmus

Onder Primarius
Sport
Agrief
Klerasie & Borge

Duan Geldenhuys

Akademie
Geloofsvorming
Ondersteuning & Welstand
Sekretaris

Jade Swartz

Bemarking & Openbare Betrekkinge
Finansies
Sosiaal

Shiloh Grewar

Kultuur & Kunste
Burgerskap
Terrein & Dissipline

Zig Basson

Andrew Erasmus

Duan Geldenhuys

Jade Swartz

Shiloh Grewar

Primarius
Eerstejaars
Seniors

Onder Primarius
Sport
Agrief
Klerasie & Borge

Akademie
Geloofsvorming
Ondersteuning & Welstand
Sekretaris

Bemarking & Openbare Betrekkinge
Finansies
Sosiaal

Kultuur & Kunste
Burgerskap
Terrein & Dissipline