Stel jy belang om meer te weet?

Bespreek 'n kampustoer

Koshuisverblyf vir 2027

Skryf in

Stel jy belang om meer te weet?

Skryf in

Ons het vier koshuise en twee daghuise om van te kies:

Kliek op die verskillende koshuisembleme om hulle te besigtig.

Kliek op die verskillende koshuisembleme om hulle te besigtig.

WAAROM ‘N KOSHUIS OF DAGHUIS?

Alle eerstejaarstudente moet deel vorm van ‘n koshuis of daghuis.

By Bo-Karoo Opleiding sien ons die koshuis- en daghuislewe as ‘n integrale deel van die studente-ervaring. Dit is die plek waar studente nie net vriende maak nie, maar ook leer om verantwoordelikheid te aanvaar, saam te werk, mekaar te ondersteun en ‘n kultuur van respek en trots te bou.

Deur deel te wees van ‘n koshuis of daghuis word studente blootgestel aan mentorskap, tradisies, waardegedrewe leierskap en geleenthede om aktief by die kampusgemeenskap betrokke te raak. Hierdie betrokkenheid bevorder akademiese sukses, emosionele welstand en persoonlike ontwikkeling en help om studente toe te rus om as gebalanseerde, verantwoordelike en beginselvaste mense die samelewing te betree.

Huiskomitees

Die Huiskomitees by Bo-Karoo Opleiding se koshuise speel ’n kernrol in die daaglikse funksionering en lewenskrag van die koshuislewe. Hulle is die eerste punt van ondersteuning vir studente in die koshuis en help om ’n omgewing te skep waar elke inwoner veilig, geborge en ingesluit voel.

As leiers op grondvlak is die Huiskomitee verantwoordelik vir die koordinering van aktiwiteite en betrokkenheid binne die koshuis sowel as hul inskakeling by bevordering van dissipline, betrokkenheid en ’n positiewe koshuisatmosfeer. Hulle tree op as skakel tussen studente en bestuur en verseker dat kommunikasie en ondersteuning effektief plaasvind.

Met toewyding en sigbare betrokkenheid bou die Huiskomitee aan ’n sterk gemeenskapsgevoel waar respek, samehorigheid en koshuis trots daagliks geleef word.

KOSHUISVERBLYF

Byekorf Eiendomme is Bo-Karoo Opleiding se verblyfvennoot en hanteer alle administrasie rakende studenteverblyf, insluitend kontrakte, plasings en verblyfnavrae.

Kontak Byekorf eiendomme direk vir enige navrae rakende

• Koshuisverblyf
• Kontrakte
• Deposito’s
• Betalings
• Intrekdatums
• Beskikbaarheid

Koste-uitleg vir 2027

Hierdie vorm dien slegs as ‘n aanduiding van belangstelling in studenteverblyf.

Na ontvangs van die vorm sal Byekorf Eiendomme met belangstellende studente en/of die rekeningpligtige persoon in verbinding tree om die verblyfproses, kontraktering en verdere administrasie af te handel.

Indien geen terugvoer binne ‘n redelike tyd ontvang word nie, rus die verantwoordelikheid ook op die student en/of ouer/voog om met Byekorf Eiendomme op te volg. Beide Bo-Karoo Opleiding se verblyfvennoot (Byekorf Eiendomme) en die student/ouer dra verantwoordelikheid om toe te sien dat die verblyfproses volledig afgehandel word.

Koshuisverblyf sal slegs toegeken word aan voornemende BKO-studente met finale keuring.

KoshuisTydperkDepositoHuurHuur per maandKamer-/woonsteluitleg
Duiker Dameskoshuis12 maandeR2 913.33R34 960R2 913.33Enkelkamer
Fleur Daghuis12 maande–––Privaat verblyf
Heldehuis Daghuis12 maande–––Privaat verblyf
Steenbok Herberg12 maandeR2 496.67R29 960R2 496.67Drie studente per kamer
Strijder Manskoshuis12 maandeR3 329.17R39 950R3 329.17Enkelkamer
Vaalbos Manskoshuis12 maandeR3 329.17R39 950R3 329.17Enkelkamer

‘n Aansluitingsfooi van R1 000 is aan BKO betaalbaar (nadat koshuisplek bevestig is) om deel te vorm van enige koshuis.

Bepalings en voorwaardes geld || Behoudend foute, weglatings en moontlike veranderinge || Datum van publikasie: Augustus 2026