Stel jy belang om meer te weet?

Bespreek 'n kampustoer

Koshuisverblyf vir 2027

Skryf in

Stel jy belang om meer te weet?

Skryf in

By Bo-Karoo Opleiding glo ons dat ’n student in gees, hart en hande gevorm moet word. 

Ons stap van dag een af saam met elke student ’n pad van groei, vorming en ondersteuning.

Geloofsvorming

Geloof vorm die fondament van die kampuslewe. Die ritme van elke dag is doelbewus ingerig om ruimte te skep vir stilword, nadenke en eerlike gesprekke oor geloof en die werklikheid van die lewe. Hierdie vorming gebeur nie net in die klas nie, maar ook in koshuise en informele ruimtes waar vrae, twyfel en gesprek welkom is.

Ons glo dat iemand wat weet waarvoor hy leef, anders werk. Daarom gaan geloofsvorming hand aan hand met roepingsvorming. Studente word begelei om hul ambag nie net as ’n beroep te sien nie, maar as iets met betekenis en verantwoordelikheid. Hierdie oortuiging word oorgedra deur gesprek, deur die voorbeeld van personeel en deur die betrokkenheid van gemeentes in Orania. Studente word ook aangemoedig om aktief deel te word van ’n plaaslike gemeente.

Welstand en ondersteuning

Ons bied ’n veilige en vertroulike ruimte vir studente wat persoonlike uitdagings ervaar. Die lewe raak soms swaar en geen student hoef dit alleen te dra nie. Of dit emosionele, sosiale of finansiële uitdagings is, daar is mense wat omgee en gereed is om te help. Ondersteuningspersoneel is beskikbaar op kampus en studente word begelei indien professionele of mediese hulp nodig is.

Koshuiskapelane en voogde speel ’n belangrike rol deur naby aan studente te wees en werklik betrokke te bly. BKO werk ook saam met instansies in Orania en elders om studente waar nodig by te staan.

Persoonlike ontwikkeling en werksplek-gereedheid

Ons fokus daarop om studente voor te berei vir die werksplek op ’n manier wat verder strek as net akademiese kwalifikasies. Studente kry geleentheid om deur deeltydse werk in Orania praktiese ondervinding op te doen en terselfdertyd ’n inkomste te verdien. Hierdie blootstelling help hulle om met selfvertroue die werkswêreld te betree. 

Waar finansiële ondersteuning nodig is, word studente deur die proses van studielenings begelei. Studenteleiers ontvang ook persoonlike ontwikkelingsplanne en deurlopende begeleiding om hul groei doelgerig te ondersteun.

Ons doel is om jongmense uit te stuur wat weet wie hulle is, wat hulle kan doen en waarom dit saak maak.