Stel jy belang om meer te weet?

Bespreek 'n kampustoer

Koshuisverblyf vir 2027

Skryf in

Stel jy belang om meer te weet?

Skryf in

Vaalbos Manskoshuis is gebou op ’n fondasie van tradisie, dissipline en ’n sterk koshuisgees. Ons glo in ’n broederskap wat mekaar ondersteun en saamstaan, ongeag die uitdagings wat ons in die gesig staar.

Ons wil hê dat ander hierdie trots en eenheid moet raaksien, veral deur ons sosiale media, waar Vaalbos Manskoshuis uitstaan deur samewerking, eensgesindheid en ’n gedeelde doel. Dit gaan nie net oor hoe ons lyk nie, maar oor hoe ons saam werk en mekaar dra.

By Vaalbos Manskoshuis glo ons in samewerking, betrokkenheid en wedersydse respek. Ons bou mekaar op, eerder as om mekaar af te breek en elke inwoner dra by tot die groei van die koshuis en mekaar se lewens.

Hoewel ons een van die nuwer koshuise is, gestig in 2024, is ons reeds besig om betekenisvolle tradisies te vestig. Ons sien onsself nie net as ’n groep studente nie, maar as ’n eenheid van individue wat saam streef na sukses en ’n groter doel.

Wanneer studente by Vaalbos Manskoshuis instap, kan hulle verwag om welkom te voel en deel te word van iets groter. Hier dryf niemand alleen nie, jy word deel van ’n broederskap wat mekaar ondersteun en saam vorentoe beweeg.

Ons is ’n groep manne met uiteenlopende persoonlikhede, maar dit is juis hierdie verskeidenheid wat ons koshuis sterker maak en sorg dat elkeen sy plek kan vind.

Huiskomitee 2026/2027

Carel Weyer

Primarius
Eerstejaars
Terrein & Dissipline

Norman van Heerden

Onder Primarius
Bemarking & Openbare Betrekkinge
Klerasie & Borge
Sosiaal

James Van Niekerk

Akademie
Argief
Finansies
Sekretaris

Ilian Esterhuisen

Kultuur & Kunste
Burgerskap
Ondersteuning & Welstand

Altus Van Schalkwyk

Sport
Geloofsvorming
Seniors

Carel Weyer

Norman van Heerden

James Van Niekerk

Ilian Esterhuisen

Altus Van Schalkwyk

Primarius
Eerstejaars
Terrein & Dissipline

Onder Primarius
Bemarking & Openbare Betrekkinge
Klerasie & Borge
Sosiaal

Akademie
Argief
Finansies
Sekretaris

Kultuur & Kunste
Burgerskap
Ondersteuning & Welstand

Sport
Geloofsvorming
Seniors