Die Duiker Dameskoshuis het nie oornag geword wat dit vandag is nie, ons storie is een van groei, verandering en uiteindelike vestiging.
Wat in 2020 as ’n manskoshuis begin het, het oor die jare ontwikkel, van ’n gemengde mans- en dameskoshuis tot in 2024 waar Duiker Dameskoshuis finaal sy plek gevind as die enigste dameskoshuis op kampus. Hierdie reis vorm deel van wie ons is: aanpasbaar, veerkragtig en doelgerig.
Vandag is Duiker Dameskoshuis ’n plek waar dames nie net bly nie, maar waar hulle groei, in karakter, selfvertroue en innerlike krag.
Ons leuse, Per Silentium Vires – deur stilte tot sterkte – word nie net gesê nie, dit word geleef. Dit wys in die manier hoe ons uitdagings aanpak, hoe ons mekaar ondersteun en hoe ons elke dag opdaag met vasberadenheid. Ons Bybelvers, Hooglied 2:2, herinner ons dat elke dame uniek is en haar eie plek en waarde het binne die koshuis.
Die Duiker-ervaring lê in die klein, betekenisvolle oomblikke: vroegoggend verjaarsdae wat niemand vergeet nie, spontane kuiergeleenthede, braai en piekniek saam met die kapelaan en tradisies soos Duiker Ontheffing wat elke jaar nuwe betekenis kry. Dit is hier waar vreemdelinge vriende word en vriende familie.
Wat Duiker Dameskoshusi werklik onderskei, is nie net wat ons doen nie, maar hoe ons dit doen. Ons staan saam. Ons hou mekaar verantwoordbaar. Ons gee om – nie oppervlakkig nie, maar doelbewus. Hier leer jy om aan te hou, selfs wanneer dit moeilik raak en om deel te wees van iets wat groter is as jouself.
Duiker Dameskoshuis is nie net nog ’n koshuis nie – dit is ’n plek waar jy gevorm word, waar jy behoort en waar jy nooit alleen staan nie.
Huiskomitee 2026/2027
Annika Denton
Primaria Kultuur & Kunste Eerstejaars Finansies Klerasie & Borge
Juané van Zyl
Onder Primaria Bemarking & Openbare Betrekkinge Seniors Sosiaal
Simone Rohrbeck
Akademie Argief Sekretaresse Terrein & Dissipline