Stel jy belang om meer te weet?

Bespreek 'n kampustoer

Koshuisverblyf vir 2027

Skryf in

Stel jy belang om meer te weet?

Skryf in

Heldehuis Daghuis is ’n daghuis vir mans. Dit is ’n gemeenskap waar studente mekaar ondersteun, ontwikkel en saam groei. As ’n daghuis bied Heldehuis Daghuis ’n tuiste vir mansstudente wat van privaat verblyf gebruik maak, maar steeds deel wil wees van BKO se studentelewe.

Sedert die stigting in 2023 funksioneer Heldehuis Daghuis as ’n daghuis vir beide mans en dames. Met die oog op toekomstige groei en ontwikkeling, sal Heldehuis Daghuis vanaf 2027 as ’n manskoshuis funksioneer, terwyl die damesdaghuis ’n nuwe hoofstuk begin as ’n splinternuwe, onafhanklike koshuis.

Die identiteit van Heldehuis Daghuis is gegrond op waardes soos eenheid, respek, lojaliteit, trots en omgee. Hierdie waardes word sigbaar in hoe lede mekaar dra, ondersteun en verantwoordelikheid neem, vir hulself en vir die daghuis.

Tradisies speel ’n belangrike rol in die kultuur van Heldehuis Daghuis. Geleenthede soos potdag, Helde wat dryf, die Heldehuis-basaar en Teekan-verf vorm deel van die ervaring en skep geleenthede vir samehorigheid en blywende herinneringe.

Wat Heldehuis Daghuis onderskei, is die balans tussen betrokkenheid en persoonlike groei. Dit is ’n ruimte waar studente nie net inskakel nie, maar werklik behoort, waar daar van elke lid verwag word om by te dra, op te daag en ’n hoër standaard na te streef.

Heldehuis Daghuis is uiteindelik meer as net ’n deel van die studentelewe, dit is ’n leefwyse wat gekenmerk word deur saamstaan, ontwikkeling en trots in iets wat groter is as jouself.

Huiskomitee 2026/2027

Christiaan Carstens

Primarius
Kultuur & Kunste
Akademie
Eerstejaars
Seniors
Sosiaal

IW van Zyl

Onder Primarius
Bemarking & Openbare Betrekkinge
Finansies
Klerasie & Borge
Sekretaris
Terrein & Dissipline

Pieter Hamman

Sport
Argief
Burgerskap
Geloofsvorming
Klubhuis
Ondersteuning & Welstand

Christiaan Carstens

IW van Zyl

Pieter Hamman

Primarius
Kultuur & Kunste
Akademie
Eerstejaars
Seniors
Sosiaal

Onder Primarius
Bemarking & Openbare Betrekkinge
Finansies
Klerasie & Borge
Sekretaris
Terrein & Dissipline

Sport
Argief
Burgerskap
Geloofsvorming
Klubhuis
Ondersteuning & Welstand