Stel jy belang om meer te weet?

Skryf in

Bespreek 'n kampustoer

Stel jy belang om meer te weet?

Skryf in

Voorskoolse Onderwys

Hierdie kwalifikasie stel studente in staat om jong kinders se ontwikkeling, leer en welstand in ’n voorskoolse omgewing te ondersteun en te bevorder. Dit voorsien studente van die nodige kennis en praktiese vaardighede om ouderdomstoepaslike leerervarings te beplan en aan te bied. Verder sal studente ’n veilige en stimulerende leeromgewing kan skep om kinders se holistiese ontwikkeling deur spel en betekenisvolle leerervarings te ondersteun.

Kwalifikasie

Toelatingvereistes

Modules

Opleidingsmodel

’n Vroeëkinderontwikkelingsopvoeder beplan en berei aktiwiteite voor, fasiliteer en bemiddel leer, neem waar en assesseer die vordering van kinders. Daar word besin oor leer in ’n inklusiewe, speelgebaseerde omgewing om holistiese ontwikkeling van kinders (van konsepsie tot skoolgaande ouderdom) te ondersteun. Die leer vind plaas in sentrumgebaseerde of nie-sentrumgebaseerde omgewing.

Die kwalifikasie in Voorskoolse Onderwys bestaan uit drie komponente: teoretiese-, praktiese vaardigheids- en werkservaringmodules. Die teoretiese komponent word deur ’n ervare, geregistreerde vakspesialis in ’n moderne en goed toegeruste lesinglokaal aangebied. Praktiese vaardighede word in ‘n simulasielaboratorium ingeoefen en verder deur middel van werkservaring verfyn. Die werkservaringmodules word in diens van die gemeenskap aangewend.

Studente is verplig om alle kontaksessies, waartydens die lektor die voorgeskrewe teorie met hulle sal behandel, by te woon. Klasse begin daagliks 08:00 en kan met inbegrip van pouses en middagete tot 16:00 duur. Die werkservaringmodules word onder toesig van ervare personeel in Orania verrig.

Daar sal van alle studente verwag word om op ʼn deurlopende basis ʼn portefeulje van die werk wat hulle verrig het, by te hou. Hierdie portefeulje sal by die ETDP SETA ingehandig word as bewys dat die voorgeskrewe leer- en werkinhoud bemeester is, alvorens die student toelating to die eksterne eksamen verkry.

VIR WIE IS HIERDIE KURSUS?

Hierdie beroepsertifikaat is ontwerp om individue voor te berei om effektief in enige voorskoolse instelling te werk, kinders meer selfversekerd te maak en om hulle in die regte wegspringblokke vir leer en ontwikkeling te gee. Iemand wat ‘n aanvoeling vir kinders het en wil deel vorm van hul ontwikkeling. Persone wat ‘n beroep (roeping) soek wat betekenis en voldoening bring. Voorskoolse opvoeding, dagsorgwerkers, ouers en gemeenskapsleiers.

Die kursus se doel is:

◊ om jou met kennis en vaardighede toe te rus om as ’n vroeëkinderontwikkelingsopvoeder te funksioneer en kinders in hulle vroeë ontwikkeling te ondersteun;

◊ om jou toe te rus om babas en kleuters holisties – dus fisies, emosioneel, geestelik en sosiaal – te versorg;

◊ om op beide sentrumgebaseerde (plekke soos kleuterskole en dagsorgsentrums) en nie-sentrumgebaseerde (gemeenskapsgebaseerde of tuisgebaseerde) Voorskoolse-instellings te fokus; en

◊ om ’n beter toekoms vir ons kinders en ons samelewing te bou.

Koste-uitleg vir 2027

R 37 692 Betaalbaar in 10 paaiemente (finansiering is beskikbaar)
  • Deposito van R5 000 is vooraf betaalbaar
  • 12 maande teorie- en praktiese opleiding
  • Uniformkoste is uitgesluit
  • Eerstejaarskampfooi van R1 800 is uitgesluit

Die student se toelating tot BKO word bepaal deur vier faktore, nl.

BKO is ses!

Wat kan werklik binne ses jaar gebeur? BAIE! Met agt gehalte kwalifikasies, 24 personeellede, 205 studente en verskeie planne in sy agtersak, lê daar ‘n hoopvolle toekoms vir elke student op die horison voor!

Lees Meer »