Voorskoolse Onderwys
Hierdie kwalifikasie stel studente in staat om jong kinders se ontwikkeling, leer en welstand in ’n voorskoolse omgewing te ondersteun en te bevorder. Dit voorsien studente van die nodige kennis en praktiese vaardighede om ouderdomstoepaslike leerervarings te beplan en aan te bied. Verder sal studente ’n veilige en stimulerende leeromgewing kan skep om kinders se holistiese ontwikkeling deur spel en betekenisvolle leerervarings te ondersteun.
Kwalifikasie
- Beroepsertifikaat: Voorskoolse Onderwys (Vroeëkinderontwikkelingsopvoeder), NKR-vlak 4, 131 krediete, SAQA ID 97542
Toelatingvereistes
- Graad 12-kwalifikasie | NKR-vlak 3 kwalifikasie
Modules
◊ Inleiding tot die Voorskoolse sektor
◊ Teorieë en perspektiewe rakende die jong kind se ontwikkeling
◊ Beplanning van leerprogramme en -aktiwitieite
◊ Fasilitering van aktiewe leer in die leeromgewing
◊ Waarneming, assessering en skryf van vorderingsverslae om ’n kind se leer en ontwikkelling te monitor
◊ Bevorder die gesondheid, welstand en veiligheid van die jong kind in die kleuterskool
◊ Die administrasie van ’n kleuterskool
◊ Beplan en berei inklusiewe opvoedige aktiwiteite en roetines voor deur gebruik te maak van ’n goedgekeurde program
◊ Fasiliteer en bemiddel aktiewe leer in ‘n holistiese en geïntegreerde leerprogram
◊ Waarneming, assesseer en die skryf van vorderingsverslae om ‘n kind se leer en ontwikkeling te monitor
◊ Bevorder en ondersteun die gesondheid, veiligheid en welstand van kinders
◊ Bou en onderhou samewerkende verhoudings met ouers en ander diensverskaffers
◊ Beplan en onderhou ‘n administratiewe stelsel
◊ Beplanning en voorbereiding van leeprogramme en roetines
◊ Proses van fasilitering en bemiddeling van die leerprogramme in ’n verskeidenheid kontekste
◊ Beplan die proses van waarneming, assessering en skryf van verslae om ’n kind se leer en ontwikkelling te monitor
◊ Prosesse en prosedures in die bevordering van gesondheid, welstand, veiligheid en beskerming van kinders in ’n voorskoolse instelling
Opleidingsmodel
’n Vroeëkinderontwikkelingsopvoeder beplan en berei aktiwiteite voor, fasiliteer en bemiddel leer, neem waar en assesseer die vordering van kinders. Daar word besin oor leer in ’n inklusiewe, speelgebaseerde omgewing om holistiese ontwikkeling van kinders (van konsepsie tot skoolgaande ouderdom) te ondersteun. Die leer vind plaas in sentrumgebaseerde of nie-sentrumgebaseerde omgewing.
Die kwalifikasie in Voorskoolse Onderwys bestaan uit drie komponente: teoretiese-, praktiese vaardigheids- en werkservaringmodules. Die teoretiese komponent word deur ’n ervare, geregistreerde vakspesialis in ’n moderne en goed toegeruste lesinglokaal aangebied. Praktiese vaardighede word in ‘n simulasielaboratorium ingeoefen en verder deur middel van werkservaring verfyn. Die werkservaringmodules word in diens van die gemeenskap aangewend.
Studente is verplig om alle kontaksessies, waartydens die lektor die voorgeskrewe teorie met hulle sal behandel, by te woon. Klasse begin daagliks 08:00 en kan met inbegrip van pouses en middagete tot 16:00 duur. Die werkservaringmodules word onder toesig van ervare personeel in Orania verrig.
Daar sal van alle studente verwag word om op ʼn deurlopende basis ʼn portefeulje van die werk wat hulle verrig het, by te hou. Hierdie portefeulje sal by die ETDP SETA ingehandig word as bewys dat die voorgeskrewe leer- en werkinhoud bemeester is, alvorens die student toelating to die eksterne eksamen verkry.
VIR WIE IS HIERDIE KURSUS?
Hierdie beroepsertifikaat is ontwerp om individue voor te berei om effektief in enige voorskoolse instelling te werk, kinders meer selfversekerd te maak en om hulle in die regte wegspringblokke vir leer en ontwikkeling te gee. Iemand wat ‘n aanvoeling vir kinders het en wil deel vorm van hul ontwikkeling. Persone wat ‘n beroep (roeping) soek wat betekenis en voldoening bring. Voorskoolse opvoeding, dagsorgwerkers, ouers en gemeenskapsleiers.
Die kursus se doel is:
◊ om jou met kennis en vaardighede toe te rus om as ’n vroeëkinderontwikkelingsopvoeder te funksioneer en kinders in hulle vroeë ontwikkeling te ondersteun;
◊ om jou toe te rus om babas en kleuters holisties – dus fisies, emosioneel, geestelik en sosiaal – te versorg;
◊ om op beide sentrumgebaseerde (plekke soos kleuterskole en dagsorgsentrums) en nie-sentrumgebaseerde (gemeenskapsgebaseerde of tuisgebaseerde) Voorskoolse-instellings te fokus; en
◊ om ’n beter toekoms vir ons kinders en ons samelewing te bou.
Koste-uitleg vir 2027
-
Deposito van R5 000 is vooraf betaalbaar
-
12 maande teorie- en praktiese opleiding
-
Uniformkoste is uitgesluit
-
Eerstejaarskampfooi van R1 800 is uitgesluit
Die student se toelating tot BKO word bepaal deur vier faktore, nl.
- TOELATINGSVEREISTES
- DEPOSITO
- VERBLYFREG TOT ORANIA
- VOLTOOING VAN DIE REGISTRASIEPROSES




Annerie Loots aangestel as Lektor
Annerie is aangestel as die lektor vir die splinternuwe VKO-program, ‘n diploma wat oor 12 maande strek met 450 krediete op suksesvolle voltooiing. Studente sal nie net teoretiese kennis opdoen nie, maar ook waardevolle praktiese ervaring opdoen in skole in die omgewing. Sy sien daarna uit om passievolle studente op te lei en te inspireer om selfversekerd op te tree.
Marcel Badenhorst-Nieuwoudt neem leiding as Departementshoof van Landbou
Bo-Karoo Opleiding (BKO) is trots om die aanstelling van Marcel Badenhorst-Nieuwoudt as ons nuwe Departementshoof van Landbou aan te kondig, met ingang 1 Desember 2024.
BKO-studente slaag vaktoetse met uitsonderlike resultate
Elke suksesvolle student is ‘n herinnering aan ons missie om jongmense toe te rus met skaarsvaardighede en hulle voor te berei vir ‘n blink toekoms.