Bo-Karoo Opleiding (BKO) verwelkom met trots Mev. Cherika de Lange as Administratiewe Beampte vir Akademie. Sy sluit by die span aan met jare se ondervinding in administrasie en finansiële bestuur.
Mev. de Lange bring ‘n indrukwekkende agtergrond van meer as twintig jaar se administratiewe ervaring na BKO. Sy het onder andere gedien as Senior Administratiewe Beampte by Orania CVO Skool, was voorheen Hoof van Administrasie by ‘n fiksheidsorganisasie en het ook haar eie kleutersentrum vir 16 jaar suksesvol bestuur.
Cherika se sterk organiseringsvermoë, fyn aandag aan besonderhede en kundigheid in die ontwikkeling van sisteme het haar ’n uiters geskikte kandidaat vir hierdie posisie gemaak. Sy sien uit om saam met die gevestigde Akademiese span te groei, verbetering binne BKO se akademiese administrasie te bevorder en werk reeds aan die ontwikkeling van ’n onafhanklike finansiële departement.
Welkom, Cherika!