Bo-Karoo Opleiding (BKO) is trots om die aanstelling van Marcel Badenhorst-Nieuwoudt as ons nuwe Departementshoof van Landbou aan te kondig, met ingang 1 Desember 2024.
’n Nuwe Era vir Landbou by BKO:
Met Marcel aan die stuur het ons groot planne om die Landbou-departement na nuwe hoogtes te neem en dit te vestig as die voorkeuropleidingsinstelling in Suid-Afrika. Haar toewyding tot die ontwikkeling van ons studente en haar visie vir die toekoms van die bedryf, gee ons groot vertroue in die pad vorentoe.
Paul Vogel, Uitvoerende Hoof van BKO, sê: “Marcel se insig en leierskap is onontbeerlik vir ons groeiende visie vir die Landbou-departement. Sy is nie net ‘n uitstekende akademikus nie, maar ook ‘n dinamiese leier. Ons sien uit na die opwindende mylpale wat sy en haar span gaan bereik.”
Ons toekoms is groen en blink met Marcel aan boord!
Ons wens alle sukses toe aan Marcel in hierdie nuwe hoofstuk. Ons glo dat sy ‘n blywende impak sal maak op die studente, personeel en breër gemeenskap.