Bo-Karoo Opleiding brei uit met nuwe koshuise wat Afrikaner-geskiedenis en -erfenis gedenk

Die voortdurende groei in studentetalle by Bo-Karoo Opleiding (BKO) het ’n nuwe mylpaal bereik met die amptelike bekendstelling van twee nuwe studentehuise: Strijder Manskoshuis en Fleur Dames Daghuis.