Diereproduksie
Hierdie kwalifikasie fokus op vee- en diereproduksie. Onderwerpe sluit onder andere dierevoeding, dieregesondheid, teel en seleksie, versorging van jongdiere, produksiebestuur, natuurlike hulpbronbestuur, finansiële bestuur, bemarking en produksiebeplanning in. Die kwalifikasie kan binne verskillende diereproduksie-omgewings toegepas word, waaronder kleinvee, grootvee, suiwel, varke en pluimvee. Die diploma bevat steeds bestuurs- en finansiële bestuurskomponente.
Kwalifikasie
- Nasionale Diploma: Diereproduksie, NKR-vlak 5, 249 krediete
Toelatingvereistes
- Graad 12-kwalifikasie | NSS | N3-sertifikaat | Cambridge A-vlakke | Cambridge AS-vlakke (slegs Umalusi goedgekeurde matrieksertifikate)
- Graad 12-Wiskunde 40% | Wiskundige Geletterdheid 40% | Tegniese Wiskunde 40%
- Graad 12-Engels 40%
Modules
MODULENAAM | BESKRYWING |
NAVORSING EN TEKSONTLEDING | Stel bestuurders en toesighouers in staat om kennis en vaardighede te ontwikkel om geskrewe en mondelinge kommunikasie doeltreffend in ‘n werkplekomgewing te bestuur. |
PLAASBESIGHEIDSBESTUUR | Bied ‘n oorsig van gesonde beginsels en kernprosesse wat die bestuur van ‘n boerderybesigheidseenheid ondersteun. |
PLAASPERSONEELBESTUUR | Bied leiding oor hoe om die personeel op jou plaas doeltreffend te bestuur. |
PLAASFINANSIES | Stel jou in staat om die finansies van ‘n boerderyonderneming doeltreffend te bestuur. |
BEMARKING VAN LANDBOUPRODUKTE | Stel jou in staat om landbouprodukte wat in Suid-Afrika geproduseer word, te bemark. |
INFRASTRUKTUUR | Stel jou in staat om die bestuur van natuurlike hulpbronne op ‘n plaas te bemeester en die betrokke infrastruktuur te vestig en te onderhou om hulpbronkapasiteit en produksiedoeltreffendheid te optimaliseer. |
DIERANATOMIE, FISIOLOGIE EN DIEREGESONDHEID | Stel jou in staat om die gesondheid van ‘n veetrop te bestuur. |
VEEPRODUKSIE, DIEREVOEDING | Stel jou in staat om die voedingsprogram vir vee op ‘n plaas te bestuur. |
VEEPRODUKSIE EN DIERETELING | Stel jou in staat om voortplantingsstelsels vir vee in ‘n boerdery-eenheid te bestuur. |
OES VAN DIEREPRODUKTE / VEEBESTUURSPRAKTYKE | Gee insig in die prosedures vir die grootmaak en versorging van plaasdiere. |
MODULENAAM | BESKRYWING |
BASIESE VAARDIGHEDE EN WERKSWINKELPRAKTYK | Stel jou in staat om basiese werkswinkel- en instandhoudingstake veilig uit te voer. |
PRAKTIESE INFRASTUKTUURBESTUUR | Aanvullend tot die teoretiese infrastruktuurmodule. |
VOLHOUBARE BESTUUR VAN LANDBOUTOERUSTING, VOERTUIE EN ENERGIEBRONNE | Stel jou in staat om landboutoerusting, voertuie en energiebronne veilig en doeltreffend te bestuur. |
LANDBOUTEGNOLOGIE EN PRESISIE-IMPLEMENTBESTUUR | Stel jou in staat om landboutegnologie en presisie-implemente doeltreffend in produksiestelsels aan te wend. |
INLEIDING TOT DIGITALE GELETTERDHEID EN VERANTWOORDELIKE INTERNETGEBRUIK | Ontwikkel basiese digitale vaardighede vir veilige en verantwoordelike gebruik in die werkplek. |
LANDBOUSPESIFIEKE DIGITALE GELETTERDHEID | Stel jou in staat om digitale hulpmiddels en landbousagteware doeltreffend te gebruik. |
PROFESSIONELE REKORDHOUDING EN VERSLAGDOENING | Stel jou in staat om professionele rekords, verslae en aanbiedings saam te stel. |
PROFESSIONELE KOMMUNIKASIE EN WERKSPLEKGEDRAG | Ontwikkel professionele kommunikasie en verantwoordelike gedrag in die werkplek. |
Waardetoevoegingskursusse soos plaasveiligheid, brandbestryding, sweis, wolklassering en raskursusse.
Opleidingsmodel
Die 24 maande-opleiding vind op kampus plaas met intensiewe praktiese blootstelling op die Leer-My-Hoe Proefplaas. Opleiding is geïntegreer en toepassingsgerig, waar teorie en praktyk hand aan hand loop. Die insig en vaardighede wat opgedoen word, word deurlopend geëvalueer deur middel van praktiese opdragte, voorleggings, gevallestudies en portefeuljes van bewyslewering.
POTENSIËLE WERKSGELEENTHEDE
NÁ VOLTOOIING VAN DIE KURSUS
POTENSIËLE WERKSGELEENTHEDE NÁ VOLTOOIING VAN DIE KURSUS
- Boer / Plaasbestuurder
- Voerkraalassistent
- Dieregesondheids- en Inentingsassistent
- Tegniese Verkoopsverteenwoordiger (Veevoer, dieremedisyne en -toerusting)
- Landboutegnikus / Veenavorsingsassistent
- Voorligtingsbeampte
- Landboukundige Assistent by Banke (Veefinansiering)
- Veebemarker
- Toegang tot verdere diplomastudies
Koste-uitleg vir 2027
-
Deposito van R 5000 is vooraf betaalbaar
-
24 maande teorie- en praktiese opleiding
-
Persoonlike beskermingstoerusting is ingesluit
-
Eerstejaarskampfooi van R1 800 is uitgesluit
Die student se toelating tot BKO word bepaal deur vier faktore, nl.
- TOELATINGSVEREISTES
- DEPOSITO
- VERBLYFREG TOT ORANIA
- VOLTOOING VAN DIE REGISTRASIEPROSES




Van klaskamer tot proefplaas: nuwe landboudiplomas vanaf 2027 by BKO
Die samewerking kom op ’n kritieke tydstip vir die Suid-Afrikaanse landbousektor, waar die behoefte aan prakties opgeleide, tegnologies koersvaste en selfstandige landboukundiges voortdurend toeneem.
BKO brei praktiese landbouopleiding uit met Bosrand-werkswinkelfasiliteite op die Leer-My-Hoe Proefplaas
Die projek behels ’n belegging van ongeveer R3,6 miljoen en vorm deel van BKO se voortdurende uitbreiding van sy landbou-opleidingsinfrastruktuur.
Bou jou toekoms met jou hande: BKO se rooiseël-messelaar beroepskwalifikasie ontsluit praktiese loopbaangeleenthede
Moenie jou talent agter ‘n lessenaar mors as jou passie in jou hande lê nie.