Gemengde Gewasse- en Veeboer
Hierdie kwalifikasie berei studente voor om as gemengde gewas- en veeboere te funksioneer. Die program integreer gewasproduksie en veebestuur en fokus onder andere op produksiebeplanning, grond- en waterbestuur, geïntegreerde plaag- en siektebeheer, oes- en na-oespraktyke, veevoeding en -gesondheid, mark- en waardekettingbestuur, klimaatbestande boerdery, wetgewing, etiek en basiese besigheidsbeginsels. Volhoubare boerderypraktyke, natuurlike hulpbronbewaring en die praktiese integrasie van gewasse en vee vorm ’n kernkomponent van die kwalifikasie.
Kwalifikasie
- Hoër Beroepsertifikaat: Gemengde Gewasse- en Veeboer, NKR-vlak 5, 197 krediete
Toelatingvereistes
- Graad 12 | NKR-vlak 4-kwalifikasie | NSS | Cambridge A-vlakke | Cambridge AS-vlakke (slegs Umalusi goedgekeurde matrieksertifikate)
- Met tenminste een van die volgende vakke: Landbouwetenskap | Landboubestuurspraktyk | Landboutegnologie | Lewenswetenskappe
Modules
MODULE NAAM | BESKRYWING |
Gewas- en Veebestuur | Ontwikkel die kennis om gewas- en veeproduksie te beplan en te bestuur, insluitend gewaskeuse, grondvoorbereiding, teling en volhoubare weiding. |
Bestuur van Landbouhulpbronne | Fokus op volhoubare gebruik van grond, water, biodiversiteit en ander natuurlike hulpbronne, asook toepaslike veebehuising. |
Geïntegreerde Plaag- en Siektebestuur in Landbou | Stel jou in staat om plae, onkruide en siektes in gewasse en vee te identifiseer, monitor, voorkom en beheer. |
Rypheid, Oes en Waardetoevoeging van Gewasse en Vee | Dek tydige oes, na-oeshantering, gradering, verwerking, waardetoevoeging en die markgereedheid van gewasse en vee. |
Gewasversorging, Voeding en Gesondheidsbestuur | Fokus op grondvrugbaarheid, gewasvoeding, besproeiing, gewasgesondheid en die bestuur van plae, siektes en onkruid. |
Veeteelt, Voeding en Gesondheidsbestuur | Ontwikkel kennis van veesorg, voeding, behuising, voortplanting, biosekuriteit, gesondheidsmonitering en siektevoorkoming. |
Produksiekoste, Mark- en Waardekettingbestuur | Dek produksiekoste, prysbepaling, markgeleenthede, bemarking, logistiek en die bestuur van landbouwaardekettings. |
Klimaatbestande Boerdery en Veebestuur | Fokus op aanpassing by klimaatsverandering deur geskikte gewasse en veerasse, slim tegnologie, waterbestuur en klimaatbestande praktyke. |
Wetgewende Raamwerk, Etiek en Besigheidsbeginsels | Bied ’n grondslag in basiese besigheidsbeginsels, werkplek-etiek, gedragskodes en relevante landbou-wetgewing. |
MODULE NAAM | BESKRYWING |
Bestuur gewas- en veeproduksiepraktyke | Pas geïntegreerde produksiepraktyke toe, waaronder gewaskeuse, veehantering, grondtoetsing, bemesting, kompos, produksierekords en basiese plaasfinansies. |
Volhoubare land- en hulpbronbestuur | Evalueer grondgebruik en pas grondbewaring, waterbestuur en toepaslike plaasinfrastruktuur toe. |
Geïntegreerde plaag- en siektebestuur | Pas volhoubare moniterings-, voorkomings- en beheerpraktyke vir gewasse en vee toe. |
Na-oesbestuur en speen | Voer na-oeshantering, kwaliteitbeheer, waardetoevoeging en toepaslike speen- en markgereedheidspraktyke uit. |
Veevoeding en skuiling | Voorsien toepaslike voeding, water, behuising en basiese welsyns- en gesondheidspraktyke vir vee. |
Grondvoorbereiding en gewasproduksie | Berei grond voor, plant of saai, bemes, besproei en beheer gewasplae en -siektes. |
Markintelligensie en agribesigheidsontwikkeling | Versamel markinligting, bou plaaslike verhoudings en ondersteun bemarking en agribesigheidsontwikkeling. |
Klimaatbestande boerdery | Pas praktyke toe wat gewas- en veeproduksie meer bestand teen veranderende weer- en klimaattoestande maak. |
Opleidingsmodel
Die kwalifikasie kombineer 12 maande se kennis- en praktiese vaardigheidsmodules op kampus en ses maande se werkservaringsmodules by ’n werkgewer. Na afloop van die werkservaringsmodules word ’n eksterne eksamen, die EISA-eksamen , afgelê om die kwalifikasie te verwerf. Die program is toepassingsgerig en berei die student voor om gewas- en veeproduksie as ’n geïntegreerde boerderystelsel te bestuur. Leermateriaal en assesserings is in Engels, klasse is in Afrikaans.
WERSKERVARING
Ses maande se werkservaring is ’n verpligte deel van die kwalifikasie. Studente moet praktiese blootstelling opdoen aan geïntegreerde gewas- en veeboerderystelsels, natuurlike-hulpbronbestuur, plaag- en siektebeheer, markgereedheid, veebestuur en -gesondheid, gewasproduksie, markverhoudings en klimaatresponsiewe boerderypraktyke.
POTENSIËLE LOOPBAAN- EN VERDERE STUDIEMOONTLIKHEDE
POTENSIËLE LOOPBAAN- EN VERDERE STUDIEMOONTLIKHEDE
- Gemengde gewas- en veeboer
- Selfstandige boerdery binne ’n geïntegreerde gewas- en veeproduksiestelsel
- Dieregesondheids- en inentingsassistent
- Tegniese verkoopsverteenwoordiger (veevoer, dieremedisyne, kunsmis en -toerusting)
- Voorligtingsbeampte
- Landboukundige assistent by banke (veefinansiering)
- Boer / plaasbestuurder
- Gewas- en kwekerybestuurder
- Plaag- en siektebeheerkonsultant
- Gewas-, vee- en landboubemarker
- Aankoop- en waardekettingkoördineerder
- Landbou-ondernemer (agri-entrepreneur)
Koste-uitleg vir 2027
-
Deposito van R 5000 is vooraf betaalbaar
-
12 maande teorie- en praktiese opleiding
-
Persoonlike beskermingstoerusting is ingesluit
-
Eerstejaarskampfooi van R1 800 is uitgesluit
Die student se toelating tot BKO word bepaal deur vier faktore, nl.
- TOELATINGSVEREISTES
- DEPOSITO
- VERBLYFREG TOT ORANIA
- VOLTOOING VAN DIE REGISTRASIEPROSES




BKO brei landbou-aanbod verder uit met ‘n derde landboukwalifikasie vir 2027
Die nuwe kwalifikasie beteken dat voornemende studente vanaf 2027 uit drie toegewyde landbou-studiepaaie by BKO kan kies. Die uitbreiding vorm deel van BKO se groter groeistrategie om sy programaanbod uit te brei en meer jongmense met skaars en noodsaaklike vaardighede vir die arbeidsmark toe te rus.
Welkom by BKO, Victor Correia
Victor bring ’n veelsydige agtergrond na ons span toe, waar tegniese akademie en praktiese sagteware-ontwikkeling mekaar ontmoet.
Welkom by BKO, Lisa Scholtz!
Met haar sagte dog ferm benadering, sterk inisiatief en positiewe ingesteldheid, sien ons uit na die vars energie en entoesiasme wat sy na ons studentelewe gaan bring.