Stel jy belang om meer te weet?

Skryf in

Bespreek 'n kampustoer

Opedag 2026

Stel jy belang om meer te weet?

Skryf in

Bespreek 'n kampustoer

Opedag 2026

Doret Le Cornu nou voltyds by BKO!

Ons is trots om aan te kondig dat Doret Le Cornu nou amptelik voltyds deel is van die BKO-span as Studentesakebeampte!

Van student in Tuisversorging, koshuisleier van Duiker Dameskoshuis, tot intern in Studentesake en Bemarking – Doret bring haar passie, ervaring en kennis van die studentelewe voltyds in haar nuwe rol. Sy gaan studente ondersteun, kampuskultuur versterk, en help om hulle vinnig tuis te laat voel en deel van die groter Orania-gemeenskap te wees.

Met Doret se betrokkenheid en entoesiasme weet ons sy gaan ’n groot bydrae lewer tot die positiewe ervaring en ontwikkeling van elke BKO-student. Weereens welkom, Doret!