Stel jy belang om meer te weet?

Skryf in

Bespreek 'n kampustoer

Stel jy belang om meer te weet?

Skryf in

Eerstejaars kry “ry lisensies”

Hoekom sou die eerstejaars vandat hulle in die dorp gearriveer het, moes rondstap? Hier verduidelik Marike Labuschagne, Hoof van Studentesake, die rede agter hierdie ry verbod: “Dit vorm deel van ons eerstejaars se inburgeringstydperk.”

Gedurende die eerste paar weke mag hulle – met enkele uitsonderings – slegs stap. Hierdie gebruik het ’n doel: om die dorp rustig te leer ken, mede-studente beter te leer ken en doelbewus te sosialiseer terwyl hulle saam stap.

Dit skep ook ’n bewustheid van nederigheid – om vir ’n tyd lank te ervaar hoe dit is om sonder ’n voertuig klaar te kom. Terselfdertyd leer dit waardevolle lewensvaardighede soos tydsbestuur, beplanning en verantwoordelikheid.

“Met ons groeiende studentetal help dit boonop om die onmiddellike impak van baie nuwe voertuie in ’n klein dorp se strate te beperk. Studente kry eers geleentheid om die omgewing en padreëls goed te leer ken voordat hulle met voertuie begin ry,” voeg Marike by.

Hierdie tydperk gaan dus nie net oor reëls nie, maar oor vorming – van karakter, gemeenskapsbewustheid en verantwoordelikheid.

Die eerstejaars het offisieël hulle “ry lisensies” ontvang op Maandag, 2 Maart 2026.