“Ek het ’n passie vir mense en om hulle tot hul volle potensiaal te bemagtig.”
Só sê Nadia Kuit. Nadia is deur Bo-Karoo Opleiding en Solidariteit Helpende Hand as maatskaplike werker vir die Bo-Karoo streek aangestel. Sy sien uit om vanjaar as nuwe personeellid ’n bydrae tot die studente van BKO se lewens te maak.
Nadia is ’n opgeleide maatskaplike werker en het ’n meestersgraad op die spesialiteitsgebied van kinderbeskerming verwerf. Sy het voorheen by die organisasie Vrystaat Versorging in Aksie in Bloemfontein gewerk. Nadia het vanaf 2016 as statutêre maatskaplike werker in Bloemfontein gewerk. Verder het sy ook ervaring in die opleiding van ander maatskaplike werkers. “Maatskaplike werk is nie vir my net ’n werk nie, ek beskou dit as ’n roeping en geniet elke oomblik daarvan.”
Haar pligte by BKO sluit in om om te sien na die emosionele welstand van die studente, om ’n gesonde studentelewe te verseker en ook seker te maak dat die studente deel van die Orania-gemeenskap vorm. “Ek is ’n mens met baie deursettingsvermoë. Dit bring vir my vreugde om ander te help opbou en te beleef hoe hulle tot die beste weergawe van hulself groei en ontwikkel. Met ander woorde, ek gaan nie opgee tot ons studente heel bo uitkom nie.”
Sy het groot planne om gesonde en pret aktiwiteite vir die studente te reël. Daarmee saam wil sy ook graag ontwikkelingsplanne vir die individuele student daarstel om te fokus op behoeftes en uitdagings wat die student verhoed om sy of haar doelwitte te bereik.
Nadia se droom vir BKO is dat hierdie instelling net sal groei. Dat elke student sal floreer, hulle studentelewe sal geniet, ten volle deel van die Orania-gemeenskap sal voel en ook op die ou end werksgeleenthede in Orania sal kry.
BKO verwelkom graag vir Nadia by die span!