Daar is min plekke waar ’n geldeenheid meer as waarde dra en in Orania vertel die Ora ’n storie van diep gewortel wees in geloof, leierskap en gemeenskap.
Die 20 Ora-noot is ‘n ontwerp wat as herinnering dien. Aan Andries Pretorius, die leier wat opgestaan het toe onsekerheid groot was en Sarel Cilliers, ’n man wat sy geloof verwoord het toe dit moes rigting gee.
Selfs die kleinste besonderhede, soos die dassie op die keersy, dra betekenis. Want soos die dassie sy veiligheid en krag in die kolonie vind, lê die krag van enige gemeenskap in samewerking en saamstaan.
Dit is binne hierdie groter verhaal dat BKO se teenwoordigheid op die 20 Ora-noot van die nuwe I-reeks verskyn.
Dit is vir sigbaarheid en behoort.
By BKO glo ons dat opleiding meer is as kennis. Dit is voorbereiding vir verantwoordelikheid, bydrae en bou van iets groter as jouself. Elke student wat hier leer, elke vaardigheid wat ontwikkel word, en elke hand wat opgelei word, word deel van ’n groter prentjie. ’n Prentjie waar mense nie wag vir verandering nie, maar dit self bou.
Dat hierdie geleentheid juis in Orania ontstaan, is geen toeval nie, dit is die vrug van ’n gemeenskap wat kies om self te bou, self te leer en self te lei.
En nou, op ’n noot wat hierdie waardes dra, staan BKO ook daar.
BKO is deel van die storie. En trots.