Bo-Karoo Opleiding verwelkom Lisa Scholtz as ons nuwe Junior Studentelewebeampte.
Lisa bring waardevolle ervaring in bestuur, administrasie, kliëntediens en bemarking na die span, gepaard met vars idees en ’n passie vir mense. In haar rol gaan sy ondermeer fokus op ’n dinamiese en veelsydige studentelewe waarin ons studente kan groei, ontwikkel en hul volle potensiaal kan bereik.
Met haar sagte dog ferm benadering, sterk inisiatief en positiewe ingesteldheid, sien ons uit na die vars energie en entoesiasme wat sy na ons studentelewe gaan bring.
Welkom by die BKO-familie, Lisa! Ons is opgewonde om jou deel van die span te hê.