Stel jy belang om meer te weet?

Bespreek 'n kampustoer

Koshuisverblyf vir 2027

Skryf in

Stel jy belang om meer te weet?

Skryf in

Basiese Noodhulp

Basiese noodhulp rus jou toe om veilig, kalm en doelgerig op te tree wanneer iemand skielik siek of beseer word. Die program fokus op die eerste kritieke minute van ‘n noodgeval: maak die toneel veilig, evalueer die pasiënt, bied onmiddellike basiese noodhulp, roep professionele hulp, monitor die pasiënt en dra toepaslike inligting oor aan nooddienste.

Kwalifikasie

Toelatingvereistes

Onderwerpelemente

Aanbieding

Fase 1 – Aanlyn Teorie

Studente voltooi die teoretiese kennismodule op BKO se leerplatform. Die aanlyn deel kan binne die vasgestelde studietyd (1-2 weke) in die student se eie tyd voltooi word en sluit begeleide leeraktiwiteite en formatiewe assessering in.

Fase 2 – Praktiese opleiding in Orania

Die kennis word tydens ‘n verpligte praktiese kontaksessie toegepas. 08:00- 17:00. Studente oefen toneelveiligheid, pasiëntberaming, KPR, AED-gebruik, verstikking, bloeding, wonde, brandwonde, bewusteloosheid en ander basiese noodhulpvaardighede in die gegewe gevallestudie.

Fase 3 – Assessering en FISA

Studente moet die vereiste interne assesserings suksesvol voltooi voordat hulle die Final Integrated Supervised Assessment (FISA) aflê. Die FISA is ‘n toesighoudende praktiese assessering waarin die programuitkomste geïntegreerd gedemonstreer word, met mondelinge vrae oor ingebedde kennis waar toepaslik (ongeveer 2 ure).

tYDLYN

Fase 1 – Leer aanlyn (1-2 weke): Bemeester die grondbeginsels van noodhulp, veiligheid en pasiëntberaming op BKO se leerplatform.

Fase 2 – Oefen prakties (1 dag – 08:00-17:00): Kom na Orania en oefen KPR, AED, verstikking, bloeding, wonde, brandwonde en ander kernvaardighede in praktiese gevallestudies.

Fase 3 – Demonstreer bekwaamheid (2 ure): Voltooi die vereiste interne assesserings en die toesighoudende FISA.

Fase 4 – Sertifisering (word bepaal deur QCTO onafhanklik van BKO): Suksesvolle studente word volgens die QCTO-proses vir die vaardigheidsprogramsertifikaat ingedien.

Opleidingsmodel

Die Basiese Noodhulp-program volg ‘n gemengde-leer opleidingsmodel. Die program bestaan uit 2 krediete (ongeveer 20 leerure) en kombineer:

  • Aanlyn teoretiese leer en begeleide selfstudie.
  • Praktiese vaardigheidsopleiding en scenario-oefening in Orania.
  • Deurlopende en interne summatiewe assessering.
  • Final Integrated Supervised Assessment (FISA).

Die praktiese kontaksessie en FISA moet fisies bygewoon word. Die presiese kalender en kontaktyd word per inneming bevestig.

Aanbieding geskied hoofsaaklik in Afrikaans.

SERTIFISERING

Studente wat die program en vereiste assesserings suksesvol voltooi, word volgens die toepaslike QCTO-proses vir sertifisering ingedien. Die vaardigheidsprogramsertifikaat word deur die QCTO uitgereik, onderhewig aan die vereiste administratiewe en gehalteversekeringsprosesse.

VIR WIE IS HIERDIE KURSUS?

Hierdie kursus is geskik vir enigiemand wat wil weet hoe om verantwoordelik op te tree wanneer ‘n noodgeval gebeur – by die werk, by die huis, in ‘n skool, op die sportveld of in die gemeenskap. Dit is veral nuttig vir werkplek-noodhelpers, veiligheidsverteenwoordigers, toesighouers, onderwys- en versorgingspersoneel, afrigters, ouers en gemeenskapslede.

HOEKOM MOET JY BASIESE NOODHULP OORWEEG?

◊  ‘n Basiese Noodhelper weet wat om te doen om ‘n verskil te maak:  Leer hoe om bloeding te stop, hartmassering te doen en reddende asemhaling te gee.

◊  Wees vaardig om mense te help: Praktiese vaardighede soos die veilige hantering van ’n bewustelose persoon, verbandtegniek en hulp aan iemand wat verstik is deel van die kursus.

◊  Gemengde leer is toeganklik: Al die nodige kennis leer jy stap vir stap aanlyn op ‘n rekenaar of jou mobiele telefoon teen jou eie pas.

◊  Nuwe QCTO kursus: By BKO glo ons dat die kursusse geakkrediteer moet wees sodat dit oral erken word. Die kursus is ook die eerste vlak in die QCTO-noodhulpvaardigheidspad en bied toegang tot die Intermediêre Noodhulp-program.

Koste-uitleg vir 2026

Afslagtariewe beskikbaar vir groepe van 15 persone
R 1 250 Slegs van toepassing op groepe van minimum 10 persone
  • Leermateriaal
  • Assesseringsfooie
  • Sertifiseringsadministrasie
  • Gebruik van die nodige noodhulptoerusting
  • Verblyf (indien benodig) moet self gereël word

Die student se toelating tot BKO word bepaal deur vier faktore, nl.