Stel jy belang om meer te weet?

Skryf in

Bespreek 'n kampustoer

Stel jy belang om meer te weet?

Skryf in

Aansoeke vir 2027 nou oop by Bo-Karoo Opleiding

Het jy geweet dat jy oor ongeveer 244 dae met ‘n uitstekende kwalifikasie by BKO kan begin?!

Droom jy van ’n toekoms vol geleenthede, groei en sukses? Dan is dit nou die tyd om jou plek by BKO te verseker. Aansoeke vir studies in 2027 is amptelik oop, en voornemende studente word aangemoedig om vroegtydig aansoek te doen.

Kom los jou spoor op die kampus sonder mure!

’n Gehalte kwalifikasie vorm die boustene vir ’n suksesvolle toekoms – maak seker dat jy jouself uitstekend bekwaam en so van die res onderskei. By BKO gaan jou studiereis oor soveel meer as klasse bywoon en eksamens skryf. Hier kry studente die geleentheid om persoonlik te groei, leierskapvaardighede te ontwikkel, lewenslange vriendskappe te bou en deel te wees van ’n veilige en ondersteunende gemeenskap in die hartjie van die Bo-Karoo.

Voornemende studente kan kies uit ’n verskeidenheid voltydse kwalifikasies van landbou, tegnies, versorging en vroeë kinderontwikkeling, en met die gemoedsrus dat koshuisverblyf en finansiering beskikbaar is. 

Bo-Karoo Opleiding bied meer as opleiding van gehalte, dit is ook ’n unieke belewenis waar elke student die kans kry om sy of haar volle potensiaal te bereik – dit alles op ‘n kampus sonder mure en in ‘n unieke Afrikaner-kultuur omgewing. 

Doen gerus hier aansoek